Hierdie week op die Kraakvars Top 40:
Impulsief van Barto Swiegers klim vir die tweede keer weer na die No 1 posisie. Dit is die liedjie se tweede nieopeenvolgende week in die hoogste posisie, dit na Impulsief op No 1 sy debuut gemaak het drie weke gelede.
Foto’s van Dodo Nyoka sak terug na No 2 hierdie week. Fotos het al drie keer ‘n draai op No 1 gemaak. Dit is die liedjie wat nog die meeste onderskeidelike kere op No 1 was.
Voete Van Klei van Straatligkinders maak hul debuut op No 3. Dit is die band se eerste enkelsnit wat verskyn op die Kraakvars Top 40. Ditjies & Datjies van FATMAN & Lianie May spandeer hul tweede week in die Top 10 op No 4, een posisie laer as verlede week.
Barto se eerste enkelsnit, H2Oë is op No 5. Barto vol in die voetspore van Herman Kleinhans en Dodo Nyoka wat dit reg gekry het om twee liedjies in die Top 5 van die trefferlys gelyktydig te hê.
Net Een Keer van Samantha Leonard is op No 6. Kris Ray se Wat Maak Hy Daar is op No 7, die liedjie het op ook op No 7 sy debuut gemaak. Liefde Sonder ‘n Maar van Nadine is op No 8.
Jagvat van Jan Rhaap is op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Bosveld Vakansie van Prop.
Ander nuwe liedjies op die trefferlys:
- Vuur en Vlam van Van West op No 25
Ander liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:
- Hobo-Hallelujah van Rudi Claase op No 29
- Bokswyn van Caroline Grace op No 40
Die Kraakvars Top 40 meng ‘n verskeidenheid van faktore om die grootste liedjies elke week saam te stel van ‘n mengsel van opkomende, onafhanklike, en gevestigde kunstenaars. Die data is gebaseer op data wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings. Die trefferlys volg ‘n skedule van Vrydag tot Donderdag.
Sien die volledige trefferlys hier:
Kraakvars Top 40 - 16 Desember 2022
No | Liedjie | Kunstenaar | Weke op Trefferlys | Hoogste Posisie | Verlede Week |
1 | Impulsief | Barto | 3 | 1 | 2 |
2 | Foto's | Dodo Nyoka | 7 | 1 | 1 |
3 | Voete Van Klei | Straatligkinders | 1 | 3 | N |
4 | Ditjies & Datjies | FATMAN & Lianie May | 3 | 3 | 3 |
5 | H2Oë | Barto | 17 | 1 | 4 |
6 | Net Een Keer | Samantha Leonard | 8 | 1 | 5 |
7 | Wat Maak Hy Daar | Kris Ray | 2 | 7 | 7 |
8 | Liefde Sonder 'n Maar | Nadine | 3 | 4 | 15 |
9 | Jagvat | Jan Rhaap | 8 | 2 | 9 |
10 | Bosveld Vakansie | Prop | 9 | 4 | 6 |
11 | Witblits | Eloff | 21 | 2 | 16 |
12 | Plaaslewe | Anlia Star | 9 | 1 | 14 |
13 | 10 Uit 10 | Rooksein | 5 | 3 | 12 |
14 | Jy is My Huis | Dodo Nyoka | 6 | 7 | 17 |
15 | Katools | Kevboii | 8 | 9 | 19 |
16 | Ek Wens | Ray Dylan | 7 | 3 | 20 |
17 | Hartseer Freaks | Francois van Coke & Hunter Kennedy | 3 | 8 | 8 |
18 | As Jy Praat | Dodo Nyoka | 6 | 5 | 18 |
19 | Sonder Liefde | Andriette | 3 | 6 | 11 |
20 | As Die Plaas Byt | Marissa | 8 | 8 | 21 |
21 | Kaap | Ryno Velvet & Jan Blohm | 13 | 2 | 23 |
22 | My Nannas | Wikus Botma | 9 | 4 | 22 |
23 | Hey Sonneblom | Droomsindroom | 33 | 1 | 24 |
24 | Gereed Om Weer Seer Te Kry | Samantha Leonard | 6 | 14 | 27 |
25 | Vuur en Vlam | Van West | 1 | 26 | N |
26 | Wie's Jou Kat? | Danny Smoke | 7 | 19 | 28 |
27 | Kwaaitjie | Prop | 20 | 1 | 26 |
28 | Kopskud Revolusie | Droomsindroom (feat Spoegwolf) | 13 | 4 | 25 |
29 | Hobo-Hallelujah | Rudi Claase | 14 | 4 | R |
30 | Mooiste Meisies | Angie Oeh | 3 | 10 | 10 |
31 | My Persoons | Die Campbells & Cordelia | 2 | 13 | 13 |
32 | Skobbejak | Reen (feat. Refentse) | 21 | 10 | 31 |
33 | Bella | Droomsindroom | 13 | 6 | 30 |
34 | Sandkasteel | Nicholis Louw | 3 | 18 | 29 |
35 | Afrika Son | Droomsindroom | 13 | 1 | 36 |
36 | Tussen Die Lyne | Jan Blohm & Ryno Velvet | 21 | 5 | 35 |
37 | Lyfstraf | Bjarne X Snacci | 25 | 2 | 33 |
38 | Bietjie Dronk | Marissa | 22 | 4 | 32 |
39 | Om Jou Te Vergeet | Samantha Leonard | 6 | 11 | 38 |
40 | Bokswyn | Caroline Grace | 14 | 6 | R |