Met hierdie een het ek letterlik my tyd gevat om ‘n resensie te skryf, want ek het gemengde gevoelens. Vincent het elke moontlike haas uit die hoed gepluk vir sy debuut album. Hy het met die talentvolle Ferdinand Skead gewerk op die album en dit is duidelik hoorbaar. Skead is bekend vir sy werk saam Dirk van der Westhuizen. Die album open met die treffer Stap soos Karlien wat ‘n musiek video het met die meeste bekendes in die Afrikaanse musiek industrie wat ek al ooit gesien het. Ek moet sê dat een ding wat my pla van die album is baie liedjies klink soos bekende Engelse liedjies, nou ek weet daar is ‘n fyn lyn plagiaat en toevallig dieselfde klink. Ek het al baie opgelees hieroor en die verskil kom met die lirieke en melodie, moenie my stenig as ek dit verkeerd het. Dis ‘n lekker luister album, al wat ek sal sê wat fout is, is dat die produksie soms die fokus van Vincent afhaal. Liedjies wat treffer potensiaal het: Stap soos Karlien, Asem en Dis Die Liefde Wat Tel.
★★★★☆