Hierdie nuwe album van Franja du Plessis slaan sy ‘n paar goeie snare raak. Ek is nog altyd van die opinie dat Juanita du Plessis se musiek definitief ‘n groot invloed op Franja het. Maar gelukkig is Hittegolf ‘n lekker album met ‘n paar snitte wat puik is. Franja sal definitief haar aanhangers gelukkig hou, as jy by een van haar vertonings al was sal jy sien hoe energiek hulle is. Een ding wat ek mis op die album is ‘n stadige liedjie wat die hartsnare raak. Verder eksperiment die album ‘n klein bietjie met elektroniese musiek, dis veral hoorbaar op Kom Ons Dans.

Beste Liedjies: Musiek in Jou Ore, Lag Tot Jy Huil, Sakke Sout & Kom Ons Dans

★★★☆☆

Leave a Reply

error: Content is protected !!