Hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40.

Anlia Star se debuut enkelsnit wat deur Appel Musiek vrygestel is, Plaaslewe maak sy debuut op die trefferlys op No 1. Die liedjie het ‘n ongelooflike 71 000 kyke op YouTube gekry tydens die eerste week van vrystelling.

Legkaart se derde enkelsnit, Terug In Tyd, maak sy debuut op No 2, dit is die band se tweede hoogste enkelsnit op die trefferlys, (Wentelbaan, No 1; Ek is Daar, No 6.)

Barto Swiegers se H2Oë wat sopas vier weke op No 1 gespandeer het, sak terug na No 3. Wikus Botma se nuutste enkelsnit, My Nannas maak sy debuut op No 4.

Eloff se Witblits is op No 5. Droomsindroom se musiekvideo vir Bella verseker dat die liedjie na sy hoogste posisie nog klim op na No 6.
Kaap van Ryno Velvet & Jan Blohm is op No 7, dit is die liedjie se vyfde week in die Top 10.

Kwaaitjie van Prop is op No 8. Hey Sonneblom van Droomsindroom is op No 9, dit is die liedjie se 24ste nieopeenvolgende week in die Top 10. Die Top 10 word voltooi deur Bietjie Dronk van Marissa.

Ander nuwe liedjies op die trefferlys:

  • Collide van JP Zeelie op No 36

Liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:

  • Kom Loop van Jan Rhaap op No 26
  • Inni Boland van Middelvinger, YoungstaCPT & Jack Parow op No 37
  • Stoute Boude van Kevboii (feat Charlie Bees) op No 39
  • Vliegtuig van Herman Kleinhans op No 40

Sien die volledige trefferlys hier:

Kraakvars Top 40 - 21 Oktober 2022

No Liedjie Kunstenaar Weke op Trefferlys Hoogste Posisie Verlede Week
1 Plaaslewe Anlia Star 1 1 N
2 Terug In Tyd Legkaart 1 2 N
3 H2Oë Barto 9 1 1
4 My Nannas Wikus Botma 1 4 N
5 Witblits Eloff 13 2 2
6 Bella Droomsindroom 5 6 9
7 Kaap Ryno Velvet & Jan Blohm 5 2 5
8 Kwaaitjie Prop 12 1 7
9 Hey Sonneblom Droomsindroom 25 1 8
10 Bietjie Dronk Marissa 14 4 4
11 Kopskud Revolusie Droomsindroom (feat Spoegwolf) 5 4 10
12 Was Dit jou Plan? Alter Ego 2 3 3
13 Lyfstraf Bjarne X Snacci 18 2 11
14 Tussen Die Lyne Jan Blohm & Ryno Velvet 13 5 13
15 Skobbejak Reen (feat. Refentse) 13 10 14
16 Afrika Son Droomsindroom 7 1 15
17 Bokswyn Caroline Grace 9 6 19
18 Sê Dit Harder Skemer 2 12 12
19 My Blom John Rock Prophet 33 1 21
20 Sexy Selfie Bjarne Songs 14 2 17
21 Lieflik Elandre 11 3 20
22 Rooi Lippe ADAM 2 18 18
23 Ek Is Daar Legkaart 3 6 6
24 Waars Jou Nanas Meneer Cee, DaLootz, Jay Music, Shay Moc 10 5 23
25 Dankie Herman Kleinhans 78 1 26
26 Kom Loop Jan Rhaap 83 5 R
27 Brannewynlippe Wikus Botma 53 1 27
28 Elmboog Na Bo Jan Rhaap 88 1 25
29 Altyd Op My Vibe Angie Oeh 3 16 16
30 Iemand help my  Bjarne (feat Snacci) 65 2 31
31 Vergeet Spoegwolf 13 13 33
32 Suikerbos Stefan Jansen 59 1 36
33 Mal In Jou Kop Cordelia 4 26 38
34 SOS  Francois van Coke 9 10 32
35 Ten Minste Vir My Zaan Sonnekus 28 2 34
36 Collide JP Zeelie 1 36 N
37 Inni Boland Middelvinger, YoungstaCPT & Jack Parow 4 10 R
38 MEER Droomsindroom 5 14 37
39 Stoute Boude Kevboii (feat Charlie Bees) 54 1 R
40 Vliegtuig Herman Kleinhans 84 3 R

Leave a Reply

error: Content is protected !!