Zoé het onlangs haar nuwe enkelsnit Lief Hê vrygestel, Reputasie het ‘n vinnige paar vrae vir haar stuur om meer van haar te leer ken.

Lief Hê volg op die suksesvolle vrystelling van haar debuut enkelsnit ‘’Crazy Meisie.’’ Na die vrystelling van ‘’Crazy Meisie’’ het my lewe verseker verander,’’ vertel Zoé. ‘’Ek het dadelik besef dat ek werklik doen waarvoor ek lief is. Crazy Meisie is so positief ontvang deur die publiek! Soveel Radio Stasies is tans besig om die liedjie te speel en die musiekvideo het meer as 18000 kykbeurte getref in net ‘n maand. Dit voel onwerklik!’’

Waaroor gaan die liedjie of album?

Lief Hê is ‘n liefdes liedjie oor die “honeymoon fase” van ‘n verhouding.

As jy nie in die musiekbedryf was nie, waar sou jy gewees het?

Na die afloop van my eerste enkelsnit “Crazy Meisie” het ek besef hoe baie ek van hierdie loopbaan hou en dat dit net perfek sin maak vir my as mens. Eks mal daaroor om voor mense op te tree en verskeie plekke heen te toer. Hierdie is nie n maklike beroep nie maar is virseker die moeite werd!

Wie is jou grootste musikale invloede?

Francois van Coke, hy lyk baie nice en eks n baie groot aanhanger van sy musiek!

Wie is Zoé as sy by die huis is?

Ek is net n droomer. Ek hou van rustig wees saam mense wat ek lief het en hou myself besig met kreatiewe projekte as ek kans kry.

Kyk die musiekvideo hier:

Lief Hê is nou beskikbaar op alle digitale platforms. – https://linktr.ee/zoemusiek

Leave a Reply

error: Content is protected !!