Zoé se nuwe enkelsnit Hier word op 9 Augustus vrygestel op alle digitale platforms. Dis ‘n besonderse lied wat heeltemal anderste is as wat Zoé al voorheen vrygestel het. Reputasie het bietjie gesels met Zoé en meer van haar nuwe enkelsnit en groter dinge gesels.

Baie geluk met jou nuwe liedjie! Kan jy vir ons ‘n bietjie vertel oor die inspirasie daaragter en wat dit vir jou persoonlik beteken?

Liefhê is n liedjie wat ek geskryf het toe ek in die “honeymoon fase” van n verhouding was. Dit is daardie gevoel wat n mens kry as alles van n verhouding nog nuut, opwindend en eufories voel.

Wat was vir jou die onvergeetlikste of opwindendste oomblik tydens die skepping en opname van jou nuwe liedjie?

Die onvergeetlikste/opwindendste oomblik tydens die skepping en opname van my nuwe liedjie was toe ek uiteindelik die finale produk kon hoor en dit presies geklink het soos wat ek dit in my kop gehad het. Daar is iets pragtig aan die proses van kuns maak, maar dis nog meer asemrowend as die visie wat jy gehad het perfek uitgebeeld word in die eind produk.

Die musiekbedryf kan redelik mededingend wees. Wat dink jy onderskei jou van ander kunstenaars in dieselfde genre?

Die musiek industrie is baie moeilik maar die ding wat my onderkei van ander kunstenaars is dat ek n pop rock klank het en n breë reeks van verskillende musiek genres in my setlist inwerk.

Kan jy ‘n bietjie oor jou kreatiewe proses deel? Hoe benader jy die skryf en komponeer van jou musiek?

Om liedjies te skryf verg oefening, tyd en n bietjie wyn! Ek sit gewoontlik met n glaasie by die klavier, sit my voce recorder aan op my foon en probeer myself toelaat om eerlik en beskrywend te wees. Soms kom daar woorde uit my uit wat ek nie eens geweet het in my agter gedagtegang rond dwaal opsoek na n uitweg nie. En soms kom daar niks spesiaals uit nie. Dis maar n terapetiese oefening wat ek probeer doen so gereeld as moontlik.

Het jy enige planne vir vertonings of toere in die nabye toekoms?

Ek het groot planne vir die toekoms! Daar is nog soveel plekke wat ek wil sien en verhoë wag ek wil aandurf. n Kaapse toer is virseker ietsie wat ek probeer reel!

Hoe bly jy gemotiveerd en geïnspireer om voort te gaan om musiek te skep, veral tydens uitdagende tye?

Dit is moeilik om geïnspereerd te bly teidens uitdagende tye. Almal kry maar af dae en selfs af weke. Ek probeer myself herinner dat ek net een lewe het. – Dat vandag n geskenk is ek more nie belowe is nie. In daardoe tye is dit belangrik om myself te herinner hoe geseënd ek is om hierdie te kan doen vir n lewe. Hoe my grootste drome besig is om waar te word en hoe dankbaar ek kan wees bir die kaarte wat die lewe vir my uitgedeel het! En soms moet jy jouself toelaat om die sleg te voel sodat jy die goed net soveel meer kan waardeer. Dis belangrik om te reflekteer op jou aksies en te identifiseer waarom jy so voel, wat het jou tot daardie punt gebring, en wat kan jy van jou kant af doen om jouself te verbeter.

Watter raad sal jy aan ander aspirant-kunstenaars gee wat pas hul reis in die musiekbedryf begin?

My raad sou wees. Droom GROOT. Werk hard en vertrou op die Here. Hy sal jou nooit op die verkeerde pad lei nie en as dit weeklik iets is wat van Hom af kom sal jy weet, en hy sal jou daardeur lei. Dit was tien teen een sy plan vir jou lewe en Hy gaan daar wees deur die goed en die sleg!

Ten slotte, is daar enigiets anders oor jouself en jou musiek wat jy met jou aanhangers en die gehoor wil deel?

Ten slotte wil ek net dankie sê vir almal wat n rol speel in die ondersteuning van my musiek. Sonder julle pragtige mense wat my ondersteun is ek niks!

Hier is beskikbaar hierdie Vrydag op alle digitale platforms.

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!