Vrede - Die Son

Die jaar is op sy einde, die Desember vakansie is om die draai en Vrede gaan sorg dat Die Son opkom hierdie somer. Die folk-duo, wat bestaan uit beste vriende, Francois Roux en Storm Opperman, se nuwe enkelsnit getiteld ‘’Die Son’’ is ‘n kontemporêre snit met ‘n subtiele reggae invloed wat gaan sorg dat die warm aande wat voorlê, kookpunt gaan bereik.

Die Son is Vrede se derde enkelsnit en volg op hul treffers, ‘’Perspektief’’ en ‘’Onskuld Van ‘n Kind.’’ Beide liedjies is uiters goed ontvang op Radio met Perspektief wat nommer een op Reputasie se se trefferparade gehaal het.

Francois en Storm het saam begin musiek maak in Stellenbosch, maar is oorweldig deur die sukses wat hulle behaal het sedert hulle besluit het om Johannesburg toe te trek om voltyds op hulle musiek te fokus. ‘’Ons was ekstaties om te sien hoe goed ons musiek vaar. Ons was geseënd genoeg om in die Huisgenoot te verskyn, Ons was ‘n paar keer op TV gewees en ons het ingelooflikke voorreg gehad om die verhoog te kan deel met kunstenaars soos Spoegwolf, Jo Black en Refentse,’’ het die groep vertel.

Vrede sal ook binnekort hul debuut op die Silwerskerm maak na hulle vroeër vanjaar ‘n ‘’cameo’’ gemaak het tydens verfilming van ‘n nuwe fliek, maar ons sal vir eers moet wag vir meer details oor die projek. ‘’Ons is net dankbaar dat ons, ons huur kan betaal met musiek,’’ het hulle gelag.

Vrede, wie bekend is vir hul akoestiese twee man vertonings spog ook deesdae met ‘n voller klank met Tromspeler, Clint Smith en Baskitaarspeler, Jan Wolmerans wat by die band aangesluit het. ‘’Dit was ‘n groot mylpaal om uiteindelik ons band members te vind. Jan en Clint speel deesdae n baie groot rol in Vrede en ons is onsettend dankbaar om van duo na vol band toe te kan beweeg,’’ vertel Francois.

Soos wat hul naam, Vrede, Andui is Francois en Storm vredeliewend laaities wat ‘n positiewe boodskap wil uitstraal en musiek met betekenis wil skep. Hul nuwe enkelsnit, ‘’Die Son’’ is meer experimenteel en dui daarop dat Vrede bereid is om die ‘status quo’ in Afrikaanse musiek uit te daag.

‘’Ons wou iets nuuts en onverwags met Die Son aanpak. Ons wou ons luisteraars vang met die klassieke groovy, reggae, bass en drum invloed wat onmiddellik die prentjie van n somervakansie en goeie memories teken,’’ het Storm verduidelik.

Die Son is beslis genre verskuiwend. Die ritme kry dadelik ‘n houvas op jou en met Storm en Francois se stemme wat herinner aan groepe soos ‘’Just Jinjer’’ en ‘’Counting Crows’, is die eindresultaat nuutskepping en nostalgies terselfdertyd tyd.

Die Son is deur Storm geskryf en handel oor ekstremisme, liefde en aanvaarding. ’’Dit gaan oor liefde en hoe mens jou kop sal stamp maar nosteeds sal gaan vir dit. (liefde) Partykeer sien mens iets gaan nie goed uit draai nie maar jy voel mens kan nie anders nie, ‘’ verduidelik hy.

‘’Die titel sien ons as ‘n simbool van hoop aangesien ons hele sterrestelsel om die son draai. Dit simboliseer ook dat elke persoon sy eie son het waarom sy behoeftes en begeertes draai,’’ het Francois uitgebrei.

Francois en Storm het ook beloof dat daar binnekort ‘n nuwe musiekvideo oppad is en dat hulle hard besig is om te werk aan nuwe musiek. ‘’Ons het al twee nuwe songs geskryf en die derde een is amper klaar,’’ het hulle gedeel.

Vrede en rocker Zaan Sonnekus skop ook eersdaags hul nasionale toer af.

Die datums is as volg:

  • 25 November – The Buffalo, Bloemfontein – Zaan Sonnekus en Vrede (19:00)
  • 1 Desember – Musiek Indaba, Stellenbosch – Zaan Sonnekus (15:00)
  • 1 Desember – Blohmhuis Teater, Strand – Zaan Sonnekus en Vrede (18:00)
  • 2 Desember – Musiekindaba, Stellenbosch – Vrede (11:30)
  • 2 Desember – Kapstad Brauhaus, Paarl – Zaan Sonnekus en Vrede (19:00)
  • 3 Desember – Biltongfees, Stellenbosch – Zaan Sonnekus en Vrede (09:30)
  • 3 Desember – Kapstadt Brauhaus, Durbanville – Zaan Sonnekus en Vrede (19:00)
  • 4 Desember – Blohmhuis Teater, Strand – Zaan Sonnekus en Vrede (18:00)
  • 4 Desember – Bohemia , Stellenbosch – Zaan Sonnekus en Vrede (21:00)
  • 6 Desember – Matriekbaai, Mosselbaai – Zaan Sonnekus en Vrede
  • 10 Desember – AmfiHart, Hartenbos – Zaan Sonnekus en Vrede

Die Son is nou beskikbaar op alle digitale platforms

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!