Hierdie week op die Kraakvars Top 40.
Vrede se Perspektief spring al die pad na No 1 vanaf No 35 verlede week. Die liedjie se sprong is aangehelp deur die vrystelling van hul musiekvideo.
Jy Verdoesel My van Herman Kleinhans maak sy debuut op No 2, dit is die eerste van dertien nuwe snitte op die trefferlys hierdie week. Hey Sonneblom van Droomsindroom wat sopas veertien weke op No 1 voltooi het (nuwe rekord) sak terug na No 3.
Witblits van Eloff maak sy debuut op No 4. Hierdie liedjie is deel van ‘n vernuwing wat die Kraakvars Top 40 besig is om te ondergaan. Jan Blohm & Ryno Velvet maak hul debuut op No 5 met Tussen Die Lyne.
Sexy Selfie van Bjarne Songs is op No 6, na die liedjie verlede week op No 2 sy debuut gemaak het. Lyfstraf van Bjarne X Snacci is op No 7.
Brendan Peyper se Insomnia maak sy debuut op die trefferlys op No 8. Lugballon van Rita Li maak weer ‘n verskyning op die trefferlys op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Skobbejak van Reën (feat. Refentse).
Al die nuwe enkelsnitte op die trefferlys:
- Vergeet van Spoegwolf op No 13
- Kind van die Wind van Rooksein op No 14
- Lief van Karlien van Jaarsveld & Jacob Swann op No 15
- Nie Jou X Nie van Bernice West op No 16
- Sex in Afrikaans van Angie oeh op No 17
- Reënboogdans van Kate Rok op No 32
- Moedertaal van Muller Brandt op No 37
Sien die volledige trefferlys hier:
Kraakvars Top 40 - 29 Julie 2022
No | Liedjie | Kunstenaar | Weke op Trefferlys | Hoogste Posisie | Verlede Week |
1 | Perspektief | Vrede | 2 | 1 | 35 |
2 | Jy Verdoesel My | Herman Kleinhans | 1 | 2 | N |
3 | Hey Sonneblom | Droomsindroom | 13 | 1 | 1 |
4 | Witblits | Eloff | 1 | 4 | N |
5 | Tussen Die Lyne | Jan Blohm & Ryno Velvet | 1 | 5 | N |
6 | Sexy Selfie | Bjarne Songs | 2 | 2 | 2 |
7 | Lyfstraf | Bjarne X Snacci | 6 | 2 | 3 |
8 | Insomnia | Brendan Peyper | 1 | 8 | N |
9 | Lugballon | Rita Li | 4 | 7 | R |
10 | Skobbejak | Reen (feat. Refentse) | 1 | 10 | N |
11 | My Blom | John Rock Prophet | 21 | 1 | 5 |
12 | Bietjie Dronk | Marissa | 2 | 4 | 4 |
13 | Vergeet | Spoegwolf | 1 | 13 | N |
14 | Kind van die Wind | Rooksein | 1 | 14 | N |
15 | Lief | Karlien van Jaarsveld & Jacob Swann | 1 | 15 | N |
16 | Nie Jou X Nie | Bernice West | 1 | 16 | N |
17 | Sex in Afrikaans | Angie oeh | 1 | 17 | N |
18 | Dankie | Herman Kleinhans | 66 | 1 | 7 |
19 | Vergaan | Tasha | 7 | 6 | 8 |
20 | Stoute Boude | Kevboii (feat Charlie Bees) | 46 | 1 | 12 |
21 | Brannewynlippe | Wikus Botma | 41 | 1 | 10 |
22 | Iemand help my | Bjarne (feat Snacci) | 53 | 2 | 11 |
23 | Kaalvoetliefde | Marissa | 26 | 1 | 9 |
24 | Elmboog Na Bo | Jan Rhaap | 76 | 1 | 15 |
25 | Hobo-Hallelujah | Rudi Claase | 5 | 10 | 14 |
26 | Niks Verander Die Liefde Nie | Gian Groen | 3 | 5 | 13 |
27 | Almal Het Iemand | Jemma Catherine | 4 | 2 | 6 |
28 | Hey Jy! | Bloumoord | 7 | 2 | 24 |
29 | Sterre | KuierKoors | 26 | 2 | 17 |
30 | Suikerbos | Stefan Jansen | 48 | 1 | 20 |
31 | Vliegtuig | Herman Kleinhans | 81 | 3 | 22 |
32 | Reënboogdans | Kate Rok | 1 | 32 | N |
33 | Blou | Wikus Botma | 6 | 4 | 18 |
34 | Ten Minste Vir My | Zaan Sonnekus | 21 | 2 | 29 |
35 | Kom Loop | Jan Rhaap | 74 | 5 | 26 |
36 | Lonely Troebadoer | Gian Groen | 21 | 1 | R |
37 | Moedertaal | Muller Brandt | 1 | 37 | N |
38 | Werkit Boetie | EDO | 21 | 2 | R |
39 | Sal Jy Saam My Kom Drink? | Karel Bester | 49 | 5 | 34 |
40 | Ons Teen Die Wêreld | Sharoney | 49 | 2 | 38 |
Die Kraakvars Top 40 meng ‘n verskeidenheid van faktore om die grootste liedjies elke week saam te stel van ‘n mengsel van opkomende, onafhanklike, en gevestigde kunstenaars. Die data is gebaseer op data wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings. Die trefferlys volg ‘n skedule van Vrydag tot Donderdag.