Vincent Gordon is hier met nog ‘n treffer wat beloof om die mense te laat dans van oud tot jonk. Die unieke Afrikaanse enkelsnit met ’n tydlose ritme en lirieke gaan beslis in die publiek se harte in klim.

Mechanic is vroeër vandeesmaand vrygestel is, is country-pop liedjie wat grens aan Boeremusiek. Vincent is bekend vir sy dansmusiek met sy lekker dans musiek, en so het hy seker gemaak toe hy die liedjie geskryf en vervaardig het dat daar nog steeds daai lekker dans element voorkom in die liedjie.

“Ek wou nog altyd ‘n country-pop/boere musiek styl gedoen het, en country het my deesdae baie inspirasie gegee om die liedjie te skryf en te vervaardig” vertel Vincent.

Die liedjie trek van oud na jonk op die dansvloer. Vincent is ook bekend vir die liedjies, Stap Soos Karlien, Laat Die Dansvloer Stamp (met Dirk van der Westhuizen), Dis Die Liefde Wat Tel en Sweet (met Elvis se Seun).

“Mense sal net lekker lyf kan skud op die nommer, die woorde is “catchy” en word positief oorgedra”, vertel Vincent oor sy verwagting van die publiek se reaksie.

Die enkelsnit is lighartig, tydig en beslis iets wat deur almal geniet sal kan word. Met Vincent se cool styl en die lekker ritme – oud en jonk – om net lekker litte te skud.

Kry die snit hier: Apple Music | Spotify | iTunes 

Sosiale Media: Facebook | Instagram

Leave a Reply

error: Content is protected !!