Die sangeres Leandra het sopas haar tweede enkelsnit Verdwaal In Jou Liefde uitgereik. Leandra is ‘n nuweling in die musiekbedryf maar moenie dat dit jou flous nie, hierdie kunstenaar is ‘n gedrewe kunstenaar wat haar drome najaag.
Verdwaal In Jou Liefde is geïnspireer deur haar Ma wat na haar Pa se afsterwe eendag saam Leandra by ‘n koffiewinkel gaan kuier het en haar emosies en gevoelens gedeel het. Sy vertel dat dit ‘n tranedal was want vir soveel jare kon haar Ma verdwaal is haar Pa se oorvloeiende liefde. Leandra wou haar Ma verras deur die liedjie op te neem en die dag se gebeurtenis perfek vas te vang in ‘n bittersoet liefdes lied.
Leandra het is Pretoria grootgeword en sing al vanaf sy agt jaar oud is. Haar ouers het haar en haar sibbe grootgemaak om hul drome ten volle uit te leef en na te jaag sonder enige twyfel. Na agt jaar is die korporatiewe bedryf waar sy in Retail Management gewerk het vir ‘n groot Mode Huis, het sy gevoel dat daar meer is as die agt tot vyf gejaag. Sy het haar suksesvolle werk prys gegee vir ‘n voltydse sangloopbaan, wat as mens so luister na haar musiek, beslis die regte besluit was. Sy het haar sangloopbaan volstoom in April 2020 afgeskop en behartig haar eie bemarking, ontwerp en is trots ‘n onafhanklike kunstenaar.
Leandra vertel: “Ek is ongelooflik opgewonde is oor die pad wat voorlê en sien so uit om God se hand te sien in alles wat sy aanpak”
Die afsterwe van Leandra se Pa het gemaak dat haar versteekte sang en skryf talente weer kop uitsteek en sy het haar eerste enkelsnit Free vir hom geskryf. Haar Pa het altyd vir haar gesê sy moet nooit op hou sing nie. Na sy Free op sy begrafnis gesing het, het sy nie gedink dat die lied haar sangloopbaan sal afskop. Met ondersteuning en aanmoediging vanaf haar Ma en Man het sy besluit om die lied te deel met die wêreld vir mense wat ‘n geliefde verloor en met die lied die persoon kan vryspreek.

Leandra is gelukkig getroud en het die mooiste driejarige dogtertjie.
Sy is ‘n groot aanhanger om drome na te jaag wat onbereikbaar klink en lyk, en het volle vertroue in haar vermoëns om my alles te gee in die musiekbedryf wat vir haar wag.
Verdwaal In Jou Liefde is beskikbaar op alle digitale platforms.
Sosiale Media: Facebook | Instagram
