Rock legende, Francois van Coke, is omtrent so ernstig oor sy koffie as wat hy is oor musiekmaak en optree. “Ek drink baie koffie. Ek drink koffie in enige vorm. Enige manier wat ek kaffeïene in my lyf kan kry is goed,” vertel hy.

Maar die tyd het gekom om net goeie koffie te drink! “Deur die jare het ek al paar keer geleenthede gehad om ‘n koffie te doen, maar hierdie keer het dit reg gevoel en geproe om dit saam met Monarch Coffee Cartel te doen,” sê Francois.

En so betree Vancoke’s Coffee se Dagdrome Blend die verhoog in ‘n 250g blik wat hergebruik kan word.

Fotografie: Kikitography

Ek is baie opgewonde om hierdie amazing koffie op die mark te sit. Dit is beskibaar vanaf ons e-winkel, Vancoke’s,” sê Francois.

Meer oor VAN COKES’s Coffee – Dagdrome Blend:

Die Dagdrome Blend is 100% Arabica en is medium en effe donker gerooster.  Die geurige bone is afkomstig vanaf Malawi, Rwanda en Brasil. Die aromas sluit in sjokolade en bruinsuiker met ‘n romerige lyf. Die koffie word gerooster deur Monarch Coffee Cartel.

Vancoke’s Coffee is beskikbaar in bone of gemaal en kos R130 per blikkie. Die hervul-pakkie kos R60.

Gaan kyk bietjie by die Vancoke’s e-winkel vir die koffie en ander lekker dinge: https://www.vancokes.co.za/

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!