Hierdie week op die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys – 28 Augustus 2020

Sonop-Blom van Bernice West is vir die 16de week No 1 op die Reputasie Top 40. Boude van Loufi behou sy posisie op No 2 en Die Hart van Bernice West behou ook sy posisie op No 3. Vuur op die Water van Elandré skuif twee posisies op na No 4. Doen Doef Doef (feat. Katinka, Loufi, What The Faf & Wortel Kombat) van Synth Peter skuif een posisie af na No 5 as ook Nonna van Appel na No 6.

Verder in die Top 10, Boerseun van Jan Bloukaas skuif een posisie op na No 7, en Wit Skoene van Loufi (feat Jayms) skuif een posisie af na No 8. Boerepompie skuif een posisie op na No 9 en Dames van Biggy skuif op na No 10.

Die Land van Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Ruhan Du Toit & Jay, maak ‘n groot sprong vanaf No 32 na No 13. Juan Boucher se Ons Word Een, verskyn weer in die Top 40, waar hy spring van No 47 na No 24.

Die nuweling op die Reputasie Top 40 is Riaan Benadé se Gooi Nog ‘n Whiskey wat sy debuut maak op No 34.

Volgende week verwag ons die volgende:

  • Elandré se nuwe enkelsnit Dag & Nag behoort in die Top 10 sy debuut te maak.


Leave a Reply

error: Content is protected !!