Die week op die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys – 03 Julie 2020
Bernice West is koningin van die Reputasie Top 40 vir die agtste week met Sonop-Blom en met die musiek video wat Saterdag 1 miljoen kyke bereik het, het hierdie snit ‘n plek in die Afrikaanse musiek geskiedenis boeke gekry.
Die hele top 4 is stasionêr die week met Vuur Op Die Water van Elandré op No 2, Nonna van Appel op No 3 en Die Hart van Bernice West op No 4. Biggy het ‘n nuwe treffer wat sy debuut maak op No 5 met Boet en Saartjie. Jan Bloukaas is op No 6 met Boerseun, een posisie af. Dames van Biggy skuif een posisie af na No 7. Boerepompie van Ricus Nel & Snotkop skuif af na No 8 en 17 Shots van Christia Visser skuif af na 9. Tussen die Lakens van Elandré behou sy posisie op No 10. Doef Doef van Synth Peter (feat. Katinka, Loufi, What The Faf & Wortel Kombat) skuif uit die Top 10 vanaf No 9 na No 15.
Verder op die Reputasie Top 40:
Die volgende vier snitte klim weer tot binne in die Top 40, Mis Eet Slaap Herhaal van Demi Lee Moore (No 32), Vier Seisoene Kind (feat. Francois van Coke) van Tasché (No 33), Tameletjie van Appel (No 35). Kom En Lê My Neer van Appel (No 39) en Lemoene van Appel & Bok van Blerk (No 40).