Kontroversiële rapper, Angie oeh, het haar debuut kortalbum, Sex in Afrikaans, op 20 Mei 2022 vrygestel. Daarmee saam het sy die musiekwêreld met ‘n vars kwas geverf en vining baie aandag getrek.

Angie se grootste inspirasie is ‘n vrou se liggaam en sy het haar kortalbum beskryf as “’n ode aan vroue, aan tieties, en meeste van alles… aan dans.” Alhoewel haar musiek vir sommige vernederend teenoor vroue kan klink, is haar doel om dit normaal te maak vir meisies om oor meisies te sing… en dan ook om almal op die dansvloer te kry.

Met haar vuurwarm nuwe musiekvideo vir “Sex in Afrikaans” sit sy haar doel oor in aksie. Die video is verfilm in ‘n pakhuis in Woodstock, Kaapstad en is alles “oop spasie met karre en booty’s en bikes en rook en Jägermeister,” soos Angie dit beskryf.

Kyk Sex in Afrikaans hier: 

Op stel. Fotograaf: Jaco S. Venter.

Angie gaan aan om te vertel: “Die dansers was fantasties en het die vibe geset vir ons almal.  Die choreografie was perfek!”

Dansers: Quanita Allie, Sasha Nkonyana, Shannon Bester, Isabella De Lima
Fotograaf: Jaco S. Venter.

Bekende drywer, Yaseen Damon, het die karre en die drywers voorsien. “Die coolste ding wat ek seker nóg gedoen het, was om in ‘n kar te spin terwyl ek by die venster uithang. Iets wat ek nooit sal vergeet nie,” vertel Angie.

Geoff Hookins agter die lens.

Die geleentheid om saam met filmmaker Geoff Hookins te werk was great,” sê Angie. Ek is verskriklik trots om hierdie musiekvideo uit te sit en ek dink ons is besig om ietsie nice vir Suid-Afrikaanse musiek te doen.  Ek’s so blessed en daar is so baie mense vir wie ek dankie wil sê.”

“Ek hoop almal vibe met die song en die video so hard soos wat ek doen. Love you guys, aweh!”

“Sex in Afrikaans, die EP,  =  die revolusie van dans.”  Angie oeh

Warm op die hakke van haar debuut kortalbum, gaan Angie oeh haar tweede kortalbum op 1 September vrystel. Die album word vervaardig en opgeneem deur Peach van Pletzen by Planet Awesome.

Leave a Reply

error: Content is protected !!