RudiTheOutsiderRudiTheOutsider

Mense sê dat wanneer armoede aan die voor deur klop, gaan liefde by die agterdeur uit. Hierdie snit gaan juis oor die teenoorgestelde.  Waar My Hart Is, is ‘n diep snit wat handel oor ware liefde.  Liefde wat deur moeilike tye, pyn en lyding twee mense nader aan mekaar gebring het, in plaas van weggestoot het.  Onvoorwaardelike liefde.

Rudolph Kok professioneel bekend as RudiTheOutsider is ‘n geweldige talentvolle sanger en liedjie skrywer wat reg staan om alle musiek grense te oorbrug. Hy is bekend daarvoor dat hy die kettings van konformiteit verbreek met oorspronklike liedjies wat nie in stereotipie kategorieë pas nie.

Na baie jare se skryf en optredes van sy eie oorspronklike liedjies, is hy gereed om sy eerste Afrikaanse enkelsnit met die wêreld te deel.

Open in Spotify

Rudi is op die 1 Maart 1977 in Suid-Afrika gebore. Hy het ‘n moeilike, emosioneel chaotiese en traumatiese opvoeding gehad.  Kortliks, gedwing om as minderjarige op straat te leef en te oorleef. Hy moes jare se verrassende en angswekkende ervarings verduur.

Daar is egter ‘n stralende skoonheid om uit die puin uit te grawe. Hy gebruik kwesbaarheid as ‘n bemagtigende wapen om swaarkry te oorkom, van ongeluk te herstel en uitsluitlik outentiek te wees.  Hy is nie bitter oor sy verlede nie. Sy leuse is “Amor Fati”, die praktyk om alles te aanvaar en te omhels wat gebeur het, gebeur en nog gaan gebeur

Al sy snitte is kortverhale in die vorm van poësie wat sy eie lewenservarings, verlede en hede weerspieël.

Sy liedjies is vol rou emosies wat spruit uit die begeerte om sin te maak van die lewe. Sy hoop is dat die positiewe aspek in sy lirieke ander sal help.
Die sanger, wat nou saam met sy vrou en twee kinders in Pretoria woon, glo dit is sy deursettingsvermoë deur swaarkry wat deure vir hom oopgemaak het.

Ek het ontdek dat dit nie saak maak hoe baie jy van pyn hardloop of maak asof dit nie daar is nie, dit bewe altyd naby jou voete soos ‘n skaduwee.”

Waar My Hart Is is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!