Robert Bolton

Robert Bolton het die afgelope paar maande naam gemaak as deelnemer aan Die Kontrak 2- realiteitskompetisie en nou is hy reg met sy debuutsnit, Toy Train. Aanhangers het lank uitgesien en dié liedjie is net betyds vir die somer se speellys.

Sedert die sielvolle Robert die Suid-Afrikaanse kollig betree het, kan sy aanhangers net nie genoeg kry nie. Toy Train spog met ’n alternatiewe rock vibe-gevoel gepen deur Robert.

“Die liedjie gaan oor om saam met ’n groep vriende te wees wat gereed is om die naweek van hul lewe te hê, verduidelik Robert.

Hy het bygevoeg dat die inspirasie agter die liedjie Toy Train ongetwyfeld die onvergeetlike herinneringe wat hy saam met sy vriende in Durbanville gemaak het, is.

“Dit was rondom die braai met ‘n brandewyn in die hand, en nagte verswelg in Marlboro- rookwolke terwyl die bekende Suid Afrikaanse kletsrymer Jack Parow se wysies in die agtergrond speel, het hy nostalgies vertel. “As ek aan my studentejare dink, is hierdie onvergeetlike herinneringe in my geheue ingeëts. Vriende is vir my uiters belangrik. Regte vriende.” Toy Train is die perfekte liedjie vir die komende feesseisoen en word die beste geniet op volle volume, met ‘n bier in die hand, omring deur vriende, familie en geliefdes.

Musiek het nog altyd ‘n integrale rol in sy lewe gespeel, en Robert het vir musiek en dramawêreld gelewe. Hy het op sesjarige ouderdom begin klavier speel en sing. Robert het sy vroeë jare in Vredendal deurgebring voordat sy gesin na Stellenbosch verhuis het. Robert het sy musikale reis voortgesit en terwyl hy sy skoolopleiding voltooi het, het hy sy diep liefde vir sport ontdek. Trouens, Robert het aan elke sport deelgeneem.

“Dit was maar amper ‘n geval van Jack of all trades en master of none so ek moes maar by musiek bly,” het hy laggend vertel.

Die sanger is bekend vir sy veelsydige musiekstyl, maar blink uit in rock, soul en blues. Hy woon tans in Stellenbosch saam met sy huismaat JG en sy kat, Jackson (vernoem na sy elektriese kitaar).

“Bybelstudie sessies op die stoep en spontane surf missions vind gereeld plaas.” Vyf dinge wat jy nie van Robert Conradie AKA Robert Bolton geweet het nie:

  1. Robert het ná matriek aanvanklik geregistreer om BEmC (Bachelor in Emergency Medical Care) te studeer.
  2. Sy stokperdjies sluit abseiling, kransspring, voetslaan, bergfietsry en branderplankry in!
  3. Wanneer hy na musiek luister, is Robert mal oor Gospel Blues en Maar hy is ook ‘n groot aanhanger van alternatiewe rock en ballades.
  4. Hy is lief vir die natuur en geniet dit om oor diere, voëls en plante te leer en te
  5. Robert kry musikale inspirasie van plaaslike en internasionale musikante soos Lewis Capaldi, Kaleo, Justin Bieber, Francois van Coke, en Spoegwolf.

Toy Train is beskikbaar op alle digitale platforms.

Open in Spotify

One thought on “Robert Bolton reg vir die musiekindustrie met debuutsnit, Toy Train”

Leave a Reply

error: Content is protected !!