Sarel Kleinhans se debuut album, Transkei is onlangs vrygestel, Reputasie het ‘n kort Q&A met Sarel doen, lees meer hier:

Wie is Sarel Kleinhans as hy by die huis is?

Ek is ‘n gesinsman wat hou van nuwe avonture. Wanneer ek kans kry speel ek kitaar en geniet dit om tyd saam met my vriende en familie te spandeer. Ek is baie lief vir braai!

Watter liedjies is op hierdie oomblik jou gunsteling/watter kunstenaars is heel boaan jou speellys?

Op die oomblik is dit Wanneer Jy Groet van Corrazerwas.

Watter vaardighede het jy aangeleer wat jou help om effektief as musikant op te tree?

Om in die oomblik te wees en om my eie klank te doen!

Is daar ‘n staaltjie wat uitstaan van een van jou/julle optredes?

Elke vertoning is vir my ‘n hoogtepunt, want dit bly ‘n voorreg om my musiek met mense te deel en om hulle te vermaak. Iets wat vir my uitstaan is toe gaste op ‘n troue, waar ek opgetree het, vir my vertel het hoe hulle getrou elke Woensdagaand na my musiek luister. Ek was so verbaas!

As jy nie in die musiekbedryf was nie, waar sou jy gewees het?

Ek glo ek sou na my studies gepraktiseer het in regte.

Open in Spotify

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!