Hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40.

Kwaaitjie van Prop wat verlede week al die pad na No 1 geklim het, spandeer sy tweede week heel boaan die trefferlys.

Die Heuwels Fantasties se nuwe enkelsnit, Bellville maak hul debuut op No 2. Bellville is die eerste enkelsnit van hul 9de album wat in September vrygestel word.

Die prins van Afrikaans, Eloff se Witblits is op No 3, dit is die liedjie se 4de week op die trefferlys en die hoogste posisie wat die liedjie nog bereik het.

Saarkie se Rondomtalie bereik ook ‘n nuwe hoogte in hul tweede week op die trefferlys, wat op No 4 is. Waars Jou Nanas van Meneer Cee, DaLootz, Jay Music, Shay Moc, maak hul debuut op No 5.

Hey Sonneblom van Droomsindroom is op No 6, dit is die liedjie se 16de week op die trefferlys en in die Top 10. Sex in Afrikaans van Angie oeh sak terug na No 7, vanaf No 4. Bietjie Dronk van Marissa is op No 8.

Spoke van Anja maak haar as kunstenaar se debuut op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Francois van Coke se SOS wat nuut op die trefferlys is.

Ander nuwe liedjies op die trefferlys:

  • Sê Dit Weer van Stephan Nel op No 22
  • Mal In Jou Kop van  Cordelia op No 26
  • 110 van Margot op No 27

Ander noemenswaardige skuiwe op die trefferlys:

  • Afstand van TiNo op No 25
  • Cuddle Up van Kyle September op No 37

Sien die volledige trefferlys hier:

Kraakvars Top 40 - 19 Augustus 2022

No Liedjie Kunstenaar Weke op Trefferlys Hoogste Posisie Verlede Week
1 Kwaaitjie Prop 3 1 1
2 Bellville Die Heuwels Fantasties 1 2 N
3 Witblits Eloff 4 3 5
4 Rondomtalie Saarkie 2 4 9
5 Waars Jou Nanas Meneer Cee, DaLootz, Jay Music, Shay Moc 1 5 N
6 Hey Sonneblom Droomsindroom 16 1 4
7 Sex in Afrikaans Angie oeh 4 1 2
8 Bietjie Dronk Marissa 5 4 10
9 Spoke Anja 1 9 N
10 SOS  Francois van Coke 1 10 N
11 Lieflik Elandre 2 3 3
12 Tussen Die Lyne Jan Blohm & Ryno Velvet 4 5 6
13 Lyfstraf Bjarne X Snacci 9 2 7
14 Skobbejak Reen (feat. Refentse) 4 10 13
15 My Blom John Rock Prophet 24 1 15
16 Insomnia Brendan Peyper 4 8 14
17 Sexy Selfie Bjarne Songs 5 2 11
18 Vergeet Spoegwolf 4 13 16
19 Lief Karlien van Jaarsveld & Jacob Swann 4 15 18
20 Vakansie lilJayy x 3 8 8
21 Nie Jou X Nie Bernice West 4 16 19
22 Sê Dit Weer Stephan Nel 1 22 N
23 Dankie Herman Kleinhans 69 1 25
24 Hand Om Die Lyf Hugh Lynn 3 4 22
25 Afstand TiNo 7 5 R
26 Mal In Jou Kop Cordelia 1 26 N
27 110 Margot 1 27 N
28 Stoute Boude Kevboii (feat Charlie Bees) 49 1 29
29 Iemand help my  Bjarne (feat Snacci) 56 2 30
30 Storielyn Chris Duvenage (feat Afrikaans Wil Dans) 3 5 17
31 Kaalvoetliefde Marissa 29 1 33
32 Brannewynlippe Wikus Botma 44 1 28
33 Vergaan Tasha 10 6 31
34 Perspektief Vrede 5 1 20
35 Elmboog Na Bo Jan Rhaap 79 1 32
36 Hobo-Hallelujah Rudi Claase 8 10 34
37 Cuddle Up Kyle September 5 5 R
38 Hey Jy! Bloumoord 10 2 27
39 Kom Loop Jan Rhaap 77 5 39
40 Suikerbos Stefan Jansen 51 1 35

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!