Hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40:

Kwaaitjie, die debuut enkelsnit van Prop behou sy posisie op No 1 vir die derde week in ‘n ry. Prop het ook sopas sy debuut album vrygestel, Sing, Hoop, Weerklink.

Hey Sonneblom van Droomsindroom klim weer na hul hoogste posisie in vyf weke op na No 2. Witblits van Eloff, die prins van Afrikaans behou sy hoogste posisie nog op die trefferlys op No 3.

Bietjie Dronk van Marissa is terug in die Top 5, op No 4, met hierdie ewenaar sy die hoogste posisie wat Bietjie Dronk in sy debuut week behaal het. Angie oeh se Sex in Afrikaans klim twee posisie op na No 5, die grens skuiwende enkelsnit het in sy tweede week op die trefferlys al die pad No 1 toe gespring na die eerste volledige week van observasie.

Waars Jou Nanas van Meneer Cee, DaLootz, Jay Music & Shay Moc is op No 6, dit is die liedjie se tweede week op die trefferlys. Tussen Die Lyne van Jan Blohm & Ryno Velvet is op No 7.  Bellville van Die Heuwels Fantasties skuif ses posisie af na No 8, in hul tweede week op die trefferlys.

Die debuut enkelsnit van Barto Swiegers, H2Oë maak sy debuut op No 9. H2Oë vergelyk die dualiteit van water met liefde. Die Top 10 word voltooi deur Lyfstraf van Bjarne X Snacci wat hul 10de week op die trefferlys deur bring.

Ander nuwe liedjies op die trefferlys:

  • Moving On van Jacques & Liezel op No 19
  • Bokswyn van Caroline Grace op No 21
  • Vrouwees Elemente van Carma & Sharoney op No 36

Ander noemenswaardige weer verskynings op die trefferlys:

  • Alles Gee van Jemma Catherine op No 27
  • Sterre van KuierKoors op No 40

Sien die volledige trefferlys hier:

Kraakvars Top 40 - 26 Augustus 2022

No Liedjie Kunstenaar Weke op Trefferlys Hoogste Posisie Verlede Week
1 Kwaaitjie Prop 4 1 1
2 Hey Sonneblom Droomsindroom 17 1 6
3 Witblits Eloff 5 3 3
4 Bietjie Dronk Marissa 6 4 8
5 Sex in Afrikaans Angie oeh 5 1 7
6 Waars Jou Nanas Meneer Cee, DaLootz, Jay Music, Shay Moc 2 5 5
7 Tussen Die Lyne Jan Blohm & Ryno Velvet 5 5 12
8 Bellville Die Heuwels Fantasties 2 2 2
9 H2OE Barto 1 9 N
10 Lyfstraf Bjarne X Snacci 10 2 13
11 Skobbejak Reen (feat. Refentse) 5 10 14
12 SOS  Francois van Coke 2 10 10
13 My Blom John Rock Prophet 25 1 15
14 Lieflik Elandre 3 3 11
15 King van die Jol Biggy & Justin Vega 1 15 N
16 Vergeet Spoegwolf 5 13 18
17 Insomnia Brendan Peyper 5 8 16
18 Lief Karlien van Jaarsveld & Jacob Swann 5 15 19
19 Moving On Jacques & Liezel 3 3 N
20 Sexy Selfie Bjarne Songs 6 2 17
21 Bokswyn Caroline Grace 1 21 N
22 Nie Jou X Nie Bernice West 5 16 21
23 Sê Dit Weer Stephan Nel 2 22 22
24 Dankie Herman Kleinhans 70 1 23
25 Rondomtalie Saarkie 3 4 4
26 Iemand help my  Bjarne (feat Snacci) 57 2 29
27 Alles Gee Jemma Catherine 8 3 R
28 Vakansie lilJayy x 4 8 20
29 Stoute Boude Kevboii (feat Charlie Bees) 50 1 28
30 Elmboog Na Bo Jan Rhaap 80 1 35
31 Kaalvoetliefde Marissa 30 1 31
32 Hey Jy! Bloumoord 11 2 38
33 Hobo-Hallelujah Rudi Claase 9 10 36
34 Brannewynlippe Wikus Botma 45 1 32
35 Storielyn Chris Duvenage (feat Afrikaans Wil Dans) 4 5 30
36 Vrouwees Elemente Carma & Sharoney 1 36 N
37 Vergaan Tasha 11 6 33
38 Afstand TiNo 8 5 25
39 Suikerbos Stefan Jansen 52 1 40
40 Sterre KuierKoors 29 2 R

Die Kraakvars Top 40 meng ‘n verskeidenheid van faktore om die grootste liedjies elke week saam te stel van ‘n mengsel van opkomende, onafhanklike, en gevestigde kunstenaars. Die data is gebaseer op data wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings. Die trefferlys volg ‘n skedule van Vrydag tot Donderdag.

Leave a Reply

error: Content is protected !!