Prop se debuut-album Sing Hoop Weerklink is ‘n meesterstuk wat jare in die hart en siel van Afrikaanse musiekliefhebbers sal eggo. 

Dit is uiteindelik tyd dat Prop homself by die Afrikaanse musiekbedryf inlyf met sy debuut-album Sing Hoop Weerklink. Hy het bekendheid verwerf as kitaarspeler vir Robbie Wessels en ook ‘n verskyning gemaak in Robbie se films. As liedjieskrywer het sy pen liedjies gelewer vir groot name soos Laurika Rauch.

Prop is nie net ‘n musikant en gekwalifiseerde argitek nie, hy is ook ‘n trotse ambassadeur vir Helpende Hand en streef daarna om ‘n inspirasie te wees, ten spyte van die uitdagings om met ‘n skelet gestremdheid te leef. Sing Hoop Weerklink is jare in wording en is vervaardig deur die bekroonde vervaardiger Murray Lubbe wat treffers vervaardig het soos ‘Nonna’, ‘Dina’, ‘Meisies Soos Jy’ en vele meer.

Die eerste enkelsnit en musiekvideo van die album Kwaaitjie maak groot opslae en het gedien as die perfekte lanseerplatform vir hierdie album. ‘Kwaaitjie’ is nie die enigste Boere-pop-braai-treffer op die album nie, ‘Bosveld Vakansie’, ‘Two-Tone is Tops’ en ‘Rampartytjie’ sal beslis in hierdie voetspore volg.

Kyk Kwaaitjie se musiekvideo hier:

Prop vertoon sy dieper kant met liedjies soos ‘Sing Hoop Weerklink’, ‘’n Man Moet Glo’ en ‘Feesvierjare’. Dis vol hoop, nostalgie en viering. Sy veelsydigheid eindig nie daar nie, romantiese liedjies soos ‘Katinka’ en ‘Bietjiebos Brand’ rond hierdie album op die perfekte manier af.

Sing Hoop Weerklink is beskikbaar op alle digitale platforms.

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!