Is jy gereed om betower te word deur die internasionale toerproduksie, POP DIVAS?  

POP DIVAS bring ‘n onvergeetlike huldeblykvertoning met die ikoniese BONNIE TYLER en unieke samewerkings van legendariese vroulike popikone na Suid-Afrika.  

Berei jou voor vir ‘n buitengewone aand van musiek met unieke duette tussen legendariese musiek ikone, van Whitney en Tina, Amy, Sinead, tot Olivia.  Die treffers sal vertolk word deur fantastiese kunstenaars op die verhoog, van die beste pop divas wat Suid-Afrika nog ooit gesien het.  

Hulle sal die verhoog deel met die fenomenale Bonnie Tyler, bekend vir haar tydlose treffers soos ‘Total Eclipse of the Heart’ en ‘Holding Out for a Hero.’  

Benewens die betowerende stem van Suid-Afrika se PJ Powers, sal jy ook  Ellen Foley sien, bekend vir haar wêreldwye treffer “Paradise By the Dashboard Light” saam met Meat Loaf.  

POP DIVAS, ‘n huldeblyk aan die legendes, sal op Sondagaand, 17 November, in die SunBet Arena in Pretoria plaasvind. Met ‘n magiese dekorontwerp en ‘n indrukwekkende orkes, onder leiding van die bekende Floors Oosthuizen, sal hierdie internasionale vertoning beslis ‘n plaaslike geur hê.  

Nádine, die gasvrou van die aand, sal saam met die popsensasie Blackbyrd die reënboognasie verteenwoordig. Blackbyrd se Tarryn, Tasha, en Taché sal in country-klere en stewels optree om ‘n opregte huldeblyk aan Dolly Parton se tydlose liedjies te bring. Hulle gaan hulde bring aan The Supremes en elkeen sal op unieke wyse saamwerk met die ander divas.  

Maak gereed om te “Waka Waka” saam met Shakira! Dit is werklik die Tyd vir Afrika! 

Berei jou voor vir ‘n buitengewone aand van musiek met unieke duette tussen legendariese musiek ikone en ‘n ongelooflike verskeidenheid wat spesiaal gereël is vir hierdie een-van-‘n-soort Pop Divas vertoning.  

Ervaar die skouspelagtige kunssinnigheid van POP DIVAS met ‘n onvergeetlike kombinasie van Madonna en Mariah Carey treffers, ‘n super Donna Summer mengsel, ‘n Latynse Gloria Estefan aanslag, Adèle ontmoet Katy Perry en nog so baie meer. Hierdie buitengewone snitlys en talentvolle kunstenaars sal verder gepaardgaan met ongelooflike dekor en ‘n fantastiese orkes gedirigeer deur die voorste SA popvervaardiger – Floors Oosthuizen. 

Verwag ‘n onvergeetlike aand van musiek en nostalgie terwyl ons die stemme vier wat ‘n era gedefinieer het. Moet hierdie eens-in-‘n-leeftyd POP DIVAS vertoning nie misloop nie—opwindende opnames sal vir internasionale TV-stasies gemaak word! Besoek webtickets.co.za – vir meer inligting op popdivas.live. 

Leave a Reply

error: Content is protected !!