Filmmakers weet hoe uitdagend dit kan wees om die perfekte klankbaan vir ’n rolprent saam te stel.

Te danke aan die kundige span by STONEBED, is hierdie proses nou ’n bietjie makliker. Wat ’n jaar gelede begin het as ’n idee tussen vriende, het gegroei tot ’n een-stop-oplossing vir rolprentmakers om toegang te kry tot die beste musiek vir hulle volgende fliekprojek.

Plaaslike musiekkenners, Helmut Meijer, Gavin Young, Jesse Dreyer en Lukas de Beer het kragte saamgespan om stonebed.io te skep. Hierdie gebruikersvriendelike platform bied ’n versameling hoë gehalte musiek vir flieks, tesame met ’n intuïtiewe gebruikerservaring en uitsonderlike funksionaliteit (soos mood-based-filter-stelsel wat van kleur gebruik maak om keuses te maak) om filmmakers en redigeerders in staat te stel om unieke musiekstukke aanmekaar te slaan deur van bestaande ritmes, melodieë of teksture gebruik te maak.

Meijer is ’n bekroonde komponis, musiekvervaardiger en liedjieskrywer wat die kuns verstaan om musiek en fliek te kombineer, terwyl mede-musikant, -direkteur en -komponis, Jesse Dreyer, seker maak dat prosesse goed geolie en kreatief bly.

Young, ’n begaafde dromspeler, fokus op handelsmerk- en webontwikkeling, terwyl Lukas de Beer in beheer is van grafiese ontwerp en mediaskakeling.

“Ons skep en bied emosionele klank-ervarings aan ’n wêreldwye gehoor van filmmakers, in die vorm van verskillende musiektemas deur ons aanlyn rolprentmusiek-biblioteek,” sê De Beer.  

 “Die eerste ding wat ons onsself gevra het toe ons besig was om die gebruikerservaring te ontwikkel, was hoe rolprentmakers se koppe werk wanneer hulle musiek soek vir ’n projek. Omdat ons self aktief betrokke is in die musiek- en rolprentbedryf, was twee dinge duidelik: 1. sperdatums wag vir niemand, en 2. begrotings is altyd knap. Ons produk spreek albei hierdie kwessies aan en bied ’n intekening-gebaseerde platform, wat intuïtiewe navigasie en oorspronklike musiek (waarop tantieme verdien word) bied teen ’n bekostigbare prys,” voeg hy by.

Alhoewel die meeste van die items op die platform tans uit die maatskappy se eie stal kom, is hulle opgewonde oor die vooruitsig om in die toekoms saam met Suid-Afrika se voorste kunstenaars en komponiste te werk.

Volgens Lukas is hulle musiek “royalty-inclusive”. “Dit verseker dat kunstenaars en komponiste tantieme verdien op hulle werk, mits die nodige vorms vir elke projek voltooi en ingedien word by organisasies soos SAMRO. So help STONEBED dan ook dat die groter kreatiewe gemeenskap mekaar ondersteun.

STONEBED se musiek is al in verskeie flieks en projekte gebruik, waaronder die romantiese komedie, Klein Karoo 2, die inspirerende dokumentêr, Against All Odds – The Alwyn Uys Story, en ander aanlyn programme.

Stonebed.io is die enigste rolprentmusiek-biblioteek wat jy ooit sal nodig hê.  

“Ons droom is om te sien dat STONEBED die filmmusiek-platform van keuse word vir filmmakers regoor die wêreld. Ons wil hê dat dit internasionaal moet uitbrei en dat die beste kunstenaars en komponiste in die wêreld se musiek gebruik kan word vir filmproduksies van enige aard, begroting, of genre,” sluit hy af.

Vir meer inligting oor hierdie besonderse inisiatief, besoek hulle webblad of stuur ’n e-pos na in@stonebed.io.

Volg die skakel https://stonebed.io/aff/starburst/ en kry 5% afslag wanneer jy opteken by Stonebed deur die die promo-kode STARBURST te gebruik

Leave a Reply

error: Content is protected !!