By elke troue en kuier word Pieter Smith se stem gehoor met sy treffers Stukkie Van Der Merwe en Blomme. Hierdie keer wil hy sy nuwe liedjie, Willemiena Van Gezina, bekendstel en dit nog lekkerder maak.
Die liedjie sal dadelik jou voete laat jeuk en jou nie wil laat ophou dans nie. Net soos ‘n troue nie ‘n troue is sonder “Stukkie Van Der Merwe” nie, so gaan “Willemiena Van Gezina” beslis die volgende trou-treffer raak.
As jy na die musiekvideo kyk, sal jy ook ‘n paar bekende gesigte sien. Die video weerspieël 100% die betekenis van die liedjie. Dit maak nie saak hoe ryk of “grand” jy dink jy is nie, op die einde van die dag is ons almal maar net gewone mense, veral as ons kuier.
Kyk die musiekvideo hier:
Die humor word mooi vasgevang, veral met Bibi se vertolking van Willemiena. Ons is oortuig dat niemand die vertolking van Willemiena beter sou kon doen nie.