Petronel Baard se nuutste musiek vrystelling, Sterredak Heelal, se storie strek terug na 23 Desember 2021, toe sy en Helena Marais vir die eerste keer paaie gekruis het. Dis in daai serendipitiese oomblik wat hulle dadelik aanklank gevind het met mekaar op die noot van musiek. Nie lank daarna nie, het die twee hul kreatiewe sterrestof gekombineer en sodoende ‘n nuwe, skitterende musiekprojek geskep in die samesmelting van Helena se melodie en lirieke en Petronel se engelstem.

Sterredak Heelal is ‘n viering van die siklus van die lewe – vanaf die verwondering vir die wêreld as kind, tot die ontnugtering wat almal op ‘n latere stadium ervaar. Die lewe is kort en báie korter as wat ons dink, moet dus nie dat teleurstellings jou onderkry nie – sien dit eerder as ‘n leerkurwe en iets wat ons kan help om die goed en mooi op ons paaie soveel meer te waardeer” vertel Helena. Helena het destyds besef sy het die liedjie in haar laai en toe sy vir Petronel onthou het sy Sterredak Heelal uit die laai gehaal.

“Baie dankie Petronel Baard vir hierdie avontuur – ek kon nie gevra het vir iemand meer perfek om hierdie liedjie vlerke te gee nie!” – Helena Marais

Die enkelsnit se musiekvideo word amptelik op 3 Desember uitgesaai op ‘n eksklusiewe premiere tydens KykNet se Ontbytsake program asook op Petronel se YouTube kanaal hier:

“In 2022 se begin het ek gebid vir nuwe vlerke, musiek uit iemand anders se pen waar ek ‘n slag my pen kon neerlê en net my sangtalent kan uitleef. Die volgende dag bel Helena Marais my, met haar liedjie Sterredak Heelal wat toe nog ‘n ander naam gehad het. Ek was mal daaroor, het dit aangeleer en so het ons begin gestalte gee aan hierdie pragtige produk wat so stukkie van ons altwee se siele simboliseer. Uiteraard het hierdie ‘n gesamentlike projek en produksie geword waarby ons albei nou betrokke is by élke stap en wat gebore is, is niks minder as besonders nie. Van die konsepsualisering van die opname self, opname proses, wie ons betrek, die video, vrystelling, elke fyn detail, is in pragtige aanvullende samewerking gedoen met die ongeveinsde sinirgie wat net Goddelike inspirasie kan bring. Kunswerke van die lewe en my voorreg om mee te werk, dankie Helena!” – Petronel Baard

Die musiekvideo is geskiet in Klein-Brakrivier – waarlik dié lekkerste projek met die mees uiteenlopende, kreatiewe mense saam!

Aan ons ander talente, Anrich Herbst, Erica Wessels, Wilmar en Annalie Marais – baie dankie vir jul pragtige toneelspel en geesdrif! Verdere dankies aan Loki Rothman by Rothman Records vir die klankvermenging en vervaardiging van die lied, John Rogers al die pad in die VSA vir die meester van die klank, Efpe Senekal vir die musiekvideo se maak, Mordegai’s Photography vir die ongelooflike foto’s en Reach Creative vir die grafiese ontwerp. Baie dankie ook aan Spin City Publicity wat ons publisiteit en bemarking behartig.

Laaste maar nie die minste nie, dankie vir almal se liefde en ondersteuning deur die loop van die projek – vir julle is ons bitter dankbaar!”

Die lewe is bittersoet onder hierdie Sterredak Heelal – daarom vier ons alles wat mooi en eg is saam met alles wat ons is.

Sterredak Heelal is beskikbaar op alle digitale platforms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!