Hierdie week op die Alternative Top 40 saamgestel deur Reputasie.
Hierdie week is daar ‘n hele paar nuwe enkelsnitte op die trefferlys. Millennium se nuwe enkelsnit Hoer In Beton saam met Koos Kombuis maak hul debuut op No 1. Hierdie liedjie het die meeste YouTube kyke gekry die afgelope week.
Zaan Sonnekus se nuwe enkelsnit, Monitor maak sy debuut op No 2. Monitor vertel die storie van ’n paartjie wat mekaar ontmoet onder ongunstige omstandighede.
Damwal van Andre Visagie maak sy debuut op No 3, die liedjie se musiekvideo was eksklusief deur Reputasie vrygestel Donderdag, en met slegs een dag in die observasie periode, maak die liedjie ‘n indrukwekkende debuut.
Verlede week se No 1, Ten Minste Vir My van Zaan Sonnekus sak terug na No 4. Dit is die liedjie se 6de week in die Top 10.
Op No 5 is Perspektief van Vrede.
Heimwee van Van Der Aven spring 16 posisies vanaf No 22 na No 6, hierdie week. Donnerse Lag van Almero is op No 7, dis die liedjie se 5de nie opeenvolgende week in die Top 10.
Op No 8 is Caravan In The Mist van Mann Friday, die liedjie is al drie weke in die Top 10. Ek Kan Net Bid van Zaan Sonnekus is op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Onskuld Van ‘n Kind van Vrede.
Die nuwe liedjies op die trefferlys sluit in:
- Anima van Suenos op No 15
- The Leviathan van Punkfontein & Meel Vignetting op No 29
- As Ons Almal Môre Sterf op Van Der Aven op No 34
Die Alternative Top 40 is gebaseer op YouTube data wat gegenereer word van amptelike musiekvideo’s en klank vrystelling. Die trefferlys kyk na vier parameters van hoeveel streams elke liedjie kry tydens die observasie periode. Dit is ook belangrik om te noem hoe die observasie periode en publisering van die Alternative Top 40 werk. Die observasie periode werk vanaf Vrydae tot Donderdae en die publisering datum van die trefferlys is dan die volgende Dinsdag.
Sien die volledige Alternative Top 40 hier:
Alternative Top 40 - 14 Maart 2023
No | Liedjie | Kunstenaar | Weke op Trefferlys | Hoogste Posisie | Verlede Week |
1 | Hoer In Beton | Millennium & Koos Kombuis | 1 | 1 | N |
2 | Monitor | Zaan Sonnekus | 1 | 2 | N |
3 | Damwal | Andre Visagie | 1 | 3 | N |
4 | Ten Minste Vir My | Zaan Sonnekus | 6 | 1 | 1 |
5 | Perspektief | Vrede | 6 | 2 | 2 |
6 | Heimwee | Van Der Aven | 6 | 6 | 22 |
7 | Donnerse Lag | Almero | 6 | 5 | 5 |
8 | Caravan In The Mist | Mann Friday | 3 | 3 | 4 |
9 | Ek Kan Net Bid | Zaan Sonnekus | 6 | 4 | 7 |
10 | Onskuld Van 'n Kind | Vrede | 6 | 1 | 3 |
11 | Was Dit jou Plan? | Alter Ego | 6 | 5 | 8 |
12 | Verniel My Maar | Alter Ego | 6 | 12 | 16 |
13 | Krapmerke | Zaan Sonnekus | 6 | 6 | 6 |
14 | Ek Mis Jou Hierdie Keer | Alter Ego | 6 | 13 | 18 |
15 | Anima | Suenos | 1 | 15 | N |
16 | Plastiek Swaard | Zaan Sonnekus | 6 | 6 | 9 |
17 | Hey Jy! | Bloumoord | 5 | 11 | 13 |
18 | Die Son | Vrede | 6 | 7 | 10 |
19 | Soeklig (Stemme) | Bittereinder | 6 | 15 | 15 |
20 | Make It Out Here Alive | Cindy Louise | 6 | 20 | 26 |
21 | Hoog | Zaan Sonnekus | 6 | 8 | 21 |
22 | Bly Bietjie Langer | Marcel Dalmayda | 6 | 18 | 23 |
23 | Hou Net Vas | Uncle Spike | 6 | 17 | 19 |
24 | Donkerwolk | Bittereinder | 6 | 24 | 24 |
25 | Bittersomerson | Gevoel Van Veiligheid | 3 | 9 | 17 |
26 | Ysbeer | Bittereinder | 6 | 20 | 20 |
27 | Soeklig | Bittereinder | 6 | 11 | 11 |
28 | Crows Feet | West Coast Wolves | 5 | 2 | 14 |
29 | The Leviathan | Punkfontein & Meel Vignetting | 1 | 29 | N |
30 | Revolusie | Chaos in September | 3 | 6 | R |
31 | Burning Building | Lucy Kruger & The Lost Boys | 3 | 1 | 36 |
32 | Dis Fyn | Zaan Sonnekus | 6 | 19 | 28 |
33 | Factory of Bones | West Coast Wolves | 4 | 5 | 25 |
34 | As Ons Almal Môre Sterf | Van Der Aven | 1 | 34 | N |
35 | Donderweer Idees | Almero | 4 | 31 | R |
36 | "Vriende" | Almero | 6 | 24 | 29 |
37 | Niks Verander Die Liefde Nie | Gian Groen | 6 | 22 | 27 |
38 | Dis Okay | Bloumoord | 5 | 35 | 35 |
39 | Soos Hel | Zaan Sonnekus | 6 | 27 | 31 |
40 | Rise Up | Cindy-Louise | 3 | 33 | R |