Hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40.

Legkaart se nuutste enkelsnit, Terug In Tyd klim in hul tweede week op die trefferlys al die pad na No 1. Die liedjie het verlede week op No 2 sy debuut gemaak. Terug In Tyd het die afgelope week meer as 33 000 kyke op YouTube gekry.

Jan Rhaap se nuwe enkelsnit Jagvat maak sy debuut op No 2. Verlede week se No 1 debuut, Plaaslewe van Anlia Star sak terug in haar tweede week op die trefferlys na No 3. H2Oë van Barto Swiegers is op No 4. Witblits van Eloff is op No 5.

Stephan Visagie se nuwe enkelsnit, Amper Daar maak sy debuut op No 6. My Nannas van Wikus Botma is op No 7, op sy tweede week op die trefferlys. Alter Ego is weer terug in die Top 10 op No 8 met hul nuutste enkelsnit Was Dit jou Plan?

Kevboii se nuwe enkelsnit, Katools maak sy debuut op No 9. Marissa se nuwe enkelsnit As Die Plaas Byt voltooi die Top 10.

Ander nuwe liedjies op die trefferlys:

  • Koue Pizza van Ilan van Staden op No 12
  • Kuier Tot Die Son Opkom van Pieter Marcato op No 15
  • Moenie van Sunel op No 18
  • Brief Aan My Pa van KEZIA op No 20
  • Net Een Keer van Samantha Leonard op No 25
  • Alles van Lin-Mari op No 36
  • When The World Crashes Down van Stephan Nel op No 37

Ander liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:

  • My Droommeisie van Hugh Lynn op No 26

Sien die volledige trefferlys hier:

Kraakvars Top 40 - 28 Oktober 2022

No Liedjie Kunstenaar Weke op Trefferlys Hoogste Posisie Verlede Week
1 Terug In Tyd Legkaart 2 1 2
2 Jagvat Jan Rhaap 1 2 N
3 Plaaslewe Anlia Star 2 1 1
4 H2Oë Barto 10 1 3
5 Witblits Eloff 14 2 5
6 Amper Daar Stephan Visagie 1 6 N
7 My Nannas Wikus Botma 2 4 4
8 Was Dit jou Plan? Alter Ego 3 3 12
9 Ketools Kevboii 1 9 N
10 As Die Plaas Byt Marissa 1 10 N
11 Kaap Ryno Velvet & Jan Blohm 6 2 7
12 Koue Pizza Ilan van Staden 1 12 N
13 Kwaaitjie Prop 13 1 8
14 Bietjie Dronk Marissa 15 4 10
15 Kuier Tot Die Son Opkom Pieter Marcato 1 15 N
16 Hey Sonneblom Droomsindroom 26 1 9
17 Bella Droomsindroom 6 6 6
18 Moenie Sunel 1 18 N
19 Kopskud Revolusie Droomsindroom (feat Spoegwolf) 6 4 11
20 Brief Aan My Pa KEZIA 1 20 N
21 Skobbejak Reen (feat. Refentse) 14 10 15
22 Tussen Die Lyne Jan Blohm & Ryno Velvet 14 5 14
23 Bokswyn Caroline Grace 10 6 17
24 Lyfstraf Bjarne X Snacci 19 2 13
25 Net Een Keer Samantha Leonard 1 25 N
26 My Droommeisie Hugh Lynn 2 26 R
27 Afrika Son Droomsindroom 8 1 16
28 Sexy Selfie Bjarne Songs 15 2 20
29 My Blom John Rock Prophet 34 1 19
30 Altyd Op My Vibe Angie Oeh 4 16 29
31 Dankie Herman Kleinhans 79 1 25
32 Elmboog Na Bo Jan Rhaap 89 1 28
33 Lieflik Elandre 12 3 21
34 Waars Jou Nanas Meneer Cee, DaLootz, Jay Music, Shay Moc 11 5 24
35 Brannewynlippe Wikus Botma 54 1 27
36 Alles Lin-Mari 1 36 N
37 When The World Crashes Down Stephan Nel 1 37 N
38 Iemand help my  Bjarne (feat Snacci) 66 2 30
39 Ten Minste Vir My Zaan Sonnekus 29 2 35
40 Stoute Boude Kevboii (feat Charlie Bees) 55 1 39

Die Kraakvars Top 40 meng ‘n verskeidenheid van faktore om die grootste liedjies elke week saam te stel van ‘n mengsel van opkomende, onafhanklike, en gevestigde kunstenaars. Die data is gebaseer op data wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings. Die trefferlys volg ‘n skedule van Vrydag tot Donderdag.

Leave a Reply

error: Content is protected !!