Die Kaplyn (ook bekend as die Yati) was die heilige grond tussen Angola en die destydse Suidwes-Afrika. ’n Grens tussen vyand en vriend.

Die Kaplyn-musiekblyspel handel oor die verhaal van die Joubert-familie, van generaal Ben Joubert en sy twee seuns, Ben Junior en Ruan, wat albei in 1980 gewerf is vir een van die Suid-Afrikaanse Weermag se elite-eenhede, 1 Valskermbataljon.

Oorlog was ’n familiesaak en ma, Salome Joubert, en sussie, Antoinette, moes agterbly om die tuisfront te beman en seker te maak dat die jong troepe op die grens se moraal hoog bly deur skenkings van die Suiderkruisfonds.

Die Kaplyn-musiekblyspel sal jou laat lag en laat huil. Dit sal jou herinner dat ons oupas, pa’s en seuns waarlik helde was en dat dit wat hulle opgeoffer het, nie verniet was nie.

Dit was hul plig om te dien. Dit is nou ons plig om te onthou.

Kry jou kaartjies hier: AfriForum Teater Program

Leave a Reply

error: Content is protected !!