Hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40:
Prop se Kwaaitjie klim na No 1, dit na die liedjie verlede week sy debuut op No 2 gemaak het. Kwaaitjie is Prop se eerste enkelsnit, maar hy is geen nuweling in die industrie nie, Prop het liedjies al geskryf vir Laurika Rauch en was die kitaarspeler vir Robbie Wessels se toere en ook in Robbie se flieks verskyn.
Verlede week se No 1, Sex in Afrikaans deur Angie oeh skuif een posisie terug na No 2. Elandré se nuwe enkelsnit, Lieflik maak sy debuut op No 3. Lieflik slaan terug na Rockspaaider Band Battles, Hoërskool hoogtepunte en hartseer, met ‘n klankbaan direk uit ‘n tiener fliek.
Rekordhouers vir die langste nommer 1 op die Kraakvars Top 40, Droomsindroom se Hey Sonneblom is op No 4. Eloff se Witblits is op No 5. Jan Blohm & Ryno Velvet se Tussen die Lyne is op No 6.
Lyfstraf van Bjarne X Snacci is op No 7, dit is die liedjie se agste week op die trefferlys. Vakansie van lilJayy x klim terug in die Top 10 op No 8, die liedjie was verlede week op No 27.
Saarkie se nuuste enkelsnit, Rondomtalie maak hul debuut op No 9. Die musiekvideo van Rondomtalie se karakters word deur Op My Eish se Francois en Nykie gespeel. Marissa se Bietjie Dronk voltooi die Top 10.
Ander nuwe liedjies op die trefferlys:
- Somerson van Jammer op No 26
Ander noemenswaardige skuiwe op die trefferlys:
- Almal Het Iemand van Jemma Catherine keer terug op No 12
- Alles Gee van Jemma Catherine keer terug op No 24
Sien die volledige trefferlys hier:
Kraakvars Top 40 - 12 Augustus 2022
No | Liedjie | Kunstenaar | Weke op Trefferlys | Hoogste Posisie | Verlede Week |
1 | Kwaaitjie | Prop | 2 | 1 | 2 |
2 | Sex in Afrikaans | Angie oeh | 3 | 1 | 1 |
3 | Lieflik | Elandre | 1 | 3 | N |
4 | Hey Sonneblom | Droomsindroom | 15 | 1 | 6 |
5 | Witblits | Eloff | 3 | 4 | 7 |
6 | Tussen Die Lyne | Jan Blohm & Ryno Velvet | 3 | 5 | 8 |
7 | Lyfstraf | Bjarne X Snacci | 8 | 2 | 9 |
8 | Vakansie | lilJayy x | 2 | 8 | 27 |
9 | Rondomtalie | Saarkie | 1 | 9 | N |
10 | Bietjie Dronk | Marissa | 4 | 4 | 12 |
11 | Sexy Selfie | Bjarne Songs | 4 | 2 | 10 |
12 | Almal Het Iemand | Jemma Catherine | 5 | 2 | R |
13 | Skobbejak | Reen (feat. Refentse) | 3 | 10 | 11 |
14 | Insomnia | Brendan Peyper | 3 | 8 | 13 |
15 | My Blom | John Rock Prophet | 23 | 1 | 14 |
16 | Vergeet | Spoegwolf | 3 | 13 | 15 |
17 | Storielyn | Chris Duvenage (feat Afrikaans Wil Dans) | 2 | 5 | 5 |
18 | Lief | Karlien van Jaarsveld & Jacob Swann | 3 | 15 | 17 |
19 | Nie Jou X Nie | Bernice West | 3 | 16 | 18 |
20 | Perspektief | Vrede | 4 | 1 | 25 |
21 | Moving On | Jacques & Liezel | 2 | 3 | 3 |
22 | Hand Om Die Lyf | Hugh Lynn | 2 | 4 | 4 |
23 | Winterkaap | Esme & Steyn | 2 | 23 | 23 |
24 | Alles Gee | Jemma Catherine | 7 | 3 | R |
25 | Dankie | Herman Kleinhans | 68 | 1 | 21 |
26 | Somerson | Jammer | 1 | 26 | N |
27 | Hey Jy! | Bloumoord | 9 | 2 | 35 |
28 | Brannewynlippe | Wikus Botma | 43 | 1 | 29 |
29 | Stoute Boude | Kevboii (feat Charlie Bees) | 48 | 1 | 31 |
30 | Iemand help my | Bjarne (feat Snacci) | 55 | 2 | 30 |
31 | Vergaan | Tasha | 9 | 6 | 28 |
32 | Elmboog Na Bo | Jan Rhaap | 78 | 1 | 33 |
33 | Kaalvoetliefde | Marissa | 28 | 1 | 32 |
34 | Hobo-Hallelujah | Rudi Claase | 7 | 10 | 34 |
35 | Suikerbos | Stefan Jansen | 50 | 1 | 36 |
36 | Moffies | EDO | 2 | 20 | 20 |
37 | Ry of Bly | Mionette | 2 | 37 | 38 |
38 | Sterre | KuierKoors | 28 | 2 | 37 |
39 | Kom Loop | Jan Rhaap | 76 | 5 | 39 |
40 | Vliegtuig | Herman Kleinhans | 83 | 3 | 40 |