Kinders Vannie Suburbs het onlangs ‘n nuwe enkelsnit, My Verbrande Brûe vrygestel. Dit is die eerste enkelsnit van hul opkomende nuwe album.
Die liedjie is gebaseer op die frase ‘Moenie jou brûe verbrand nie.’ “Ek glo dit is ‘n dom stelling. Jy kan hulle altyd herbou.” vertel Corné. Die liedjie beskryf baie vriendskappe en verhoudings wat al moes eindig as gevolg van die feit dat die mense betrokke was seergekry het. Daar word ook klem gelê op die gevoel om iemand seer te maak omdat hulle jou seer gemaak het.
Die eerste vers is vanuit die perspektief van ‘n romantiese verhouding, terwyl die koor gaan oor die foute wat die persoon gemaak het deur om homself op te offer in die verhouding. My Verbrande Brûe eindig met die sleutel lirieke ‘ek het jou seer gemaak, want ek was seer gemaak’.
Die liedjie worstel met die idee dat twee verkeerde dinge nie ‘n reg maak nie. Maar dat mens moet doen wat mens moet doen om met jouself te kan leef.
Corne het die liedjie self geskryf en opgeneem by sy huis.
Kinders Vannie Suburbs is ‘n musiek projek van die sanger en liedjieskrywer Corné Opperman, waarvan hy die enigste lid is op die oomblik. Die klanke van die band is Grunge, Alt Rock en Punk Rock op ‘n onperfekte manier. Corné het al die verhoog gedeel met kunstenaars soos: Matt Carstens, Sunset Sweatshop en Tasché Burger.
My Verbrande Brûe is beskikbaar op alle digitale platforms.