Dit is verseker nie net ‘n sterk pop melodie nie, die titel verklap met die eerste oogopslag dat dit ‘n liefdesliedjie is, een wat spreek met diegene wat besig is met ’n plan: ’n Plan om die JA-woord te vra.

Die Springs-sanger JP White het die afgelope paar jaar sy plek in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte verseker losgesing, en bekoor hy deesdae gehore regoor die land met sy gewilde en energieke optrede styl.

JP se vorige enkelsnitte Hier In My Hart asook sy mees onlangse snit Onbeplan is goed deur plaaslike, internasionale radiostasies en die publiek ontvang, hiermee saam het JP reeds homself as ‘n Afrikaanse popsanger kom vestig. Met Sal Jy Ja Sê skroom hy en suster Lollie glad nie om met die beste duo’s in die pop genre musiekwêreld mee te ding nie. JP en Lollie is beide super trots om aan te kondig dat hulle nuwe enkelsnit Sal Jy Ja Sê uiteindelik hier is, reg om Afrikaanse musiekliefhebbers se harte te verower”.

JP se opgewasse maar tog prettige en liefdevolle persoonlikheid oorheers sy verhoog persoonlikheid. Daarmee saam bring hy ’n egtheid aan die woord POPSTER, wat jonk en oud aan sy lippe laat hang. Gooi dit saam sy suster Lollie se warm klanke; en jy ontvang die perfekte pasmaat vir Sal Jy Ja Sê.

JP noem dat Sal Jy Ja Sê nie sy gewone musiekstyl beskryf nie, maar wel iets nuuts is wat hy en sy geliefde suster saam probeer het. Hulle beide glo en vertrou dat die luisteraars dit net soveel sal geniet soos hulle doen.

Sal Jy Ja Sê is opgewek, deurdink in liriek, sprokies mooi en ‘n ware liefdesliedjie met ‘n twist, as hulle die lied moet opsom kom die woorde; verlief, lekker, sokkie onder die maanlig by hulle
op en bied dit aan enige iemand wat hierna luister ‘n gedagte van die oomblik wat hulle self die ‘Ja-woord’ wil vra, so ook vir diegene wat kan terugdink aan hulle eie ervaring.

Sal Jy Ja Sê, wat geskryf en verwerk is deur die befaamde liedjieskrywer en verwerker Vincent Gordon, is ‘n liefdesverhaal popliedjie wat alles saamvang wat ons eintlik beplan om vir die een waarvoor ons lief is te sê. Die koor gedeelte neem dit so mooi saam: “sal jy ja sê as ek jou vra, om te dans onder die volmaan, sal jy ja sê as ek jou vra, om myne te wees, net myne te wees”.

JP noem die dag toe hy die liedjie vir die eerste keer in studio hoor het hy dadelik geweet het hy moet dit aanpak met beide hande. Hy besluit toe om dit vir sy suster te speel waarna hulle saam ‘n unieke skryf stuk tot sy eie reg gebring het. Dit was nog altyd hulle droom om ‘n duet saam op te neem, en die liedjie het hulle onverwags soos ’n handskoen gepas. Lollie behartig reeds die agtergrond stemme op vele van JP se liedjies wat die lig gesien het en sukses behaal het. JP en Lollie se grootste wens is dat die liefde van Sal Jy Ja Sê almal se harte sal aanraak en hartsnare sal roer wanneer hulle hierna luister.

Sal Jy Ja Sê is beskikbaar op alle digitale platforms.

Sosiale Media: Facebook | Instagram | YouTube

Leave a Reply

error: Content is protected !!