Dit was Jack Parow se veertigste verjaardag op die palindroom datum (22/2/22). Om hierdie mylpaal te vier, beplan Parow om op die 22ste van elke maand vir 12 maande lank ‘n nuwe enkelsnit uit te sit in aanloop na die vrystelling van sy vollengte album getiteld, Die Evangelie van Goeie Tye, wat op 22 Februarie 2023 uitgereik sal word.

Demone feat. Margot is die eerste enkelsnit van Die Evangelie van Goeie Tye

Margot Rothman is bekend vir haar dekking van ‘Toe vind ek jou’ op die fliek, ‘Fiela se kind’ se klankbaan. Haar broer, Loki Rothman, het ‘Demone’ vervaardig en vervaardig ook van die ander liedjies op die ‘Evangelie van Goeie Tye’.

Verlede jaar het Jack Parow na die Knysna woud gegaan om sy persoonlike demone in die gesig te staar en het sterker as ooit terug gekom.

Jack Parow vertel: “Dit was seker een van die donkerste tye van my lewe, maar ook die ligste.

 Dit is ‘n baie betekenisvolle song vir my en om dit te kon skryf, en so eerlik te wees met myself, in so ‘n ‘scary mind space’ was een van die dinge wat my uit daai donkerte uit gekry het en terug na die lig toe.

 So, dit is baie toepaslik dat dit die eerste single is vanaf my nuwe album, want dit was vir my die begin van ‘n proses wat gelei het tot ’n  metaforiese hergeboorte in my ‘mind state’ asook in my musiek.”

Die eerste enkelsnit vanaf Die Evangelie van Goeie Tye, Demone feat. Margot, is nou uit.

Leave a Reply

error: Content is protected !!