Is jy spyt? is die nuwe enkelsnit van Irene-Louise van Wyk en hierdie lied is gepen deur Riana Nel. Die kunstenaar het nog altyd reg gekry om alledaagse situasies om te skakel na lekker luister en dans in jou kamer liedjies. Is jy spyt? is nie anderste as van haar vorige musiek nie maar dit is uniek Irene-Louise van Wyk en dit is al wat saak maak. Daar is nie nog ‘n vroulike kunstenaar in die Afrikaanse musiek mark wat soos sy is en klink nie.
★★★☆☆