Henru, een van Afrikaans se opkomende musiektalente, berei voor om op 11 Oktober sy splinternuwe enkelsnit, Warrelwind, bekend te stel. Ná die groot sukses van sy vorige enkelsnit, “Goeie Ou”, wat in samewerking met Schwabie vrygestel is, het Henru se aanhangers rede om opgewonde te wees oor sy jongste vrystelling.

“Goeie Ou”, wat oor die afgelope ses maande meer as 2 miljoen keer gestroom is en twee Aitsa-benoemings ontvang het, het Henru se roem verseker en 2024 as ’n bedrywige en suksesvolle jaar vir die musikant gemaak.

Warrelwind is meer as net nog ’n liedjie – dit is ’n diep en aangrypende verhaal van genesing en die proses om vrede te maak met die verlede. Hierdie nuwe enkelsnit beloof om aanhangers te betrek met sy emosionele diepte en liriese insig, wat Henru se groei as kunstenaar weerspieël.

Met hierdie enkelsnit begin Henru ’n opwindende nuwe hoofstuk in sy musikale reis, en dit sal interessant wees om te sien hoe sy aanhangers op hierdie nuwe musiek reageer.

Maak seker dat jy Warrelwind  luister  – dit is beslis nog ’n treffer wat jou gaan raak.

Open in Spotify

Lirieke:

Henru – Warrelwind

nou kry jou ry
jy’s klaar oppad
standvas
tasse gepak
en net voordat jy gaan
jy se dis tyd vir
aanbeweeg
bybel lees
tel in twee’s
maar ek hoor nog jou stem
ek gaan nou
jou onthou
langer as wat
ons mekaar kon ken
haar soene is soet
want sy drink aan haar rose
my skat is die reen
en ek is haar tuin
ooh hel
dis droog in hierdie dorp
lank gedink
ek het niks gevind
heen-en-weer
soos ’n warrelwind
ek was so
lief vir haar
die storm is klaar
maar dit
vat ’n ruk vir hierdie
hierdie hart om te bedaar
wat’s jou naam
aangenaam
bly te ken
ek’s nie hier vandaan
maar as jy wil
ek kan dans
op die beat
maar van belaans
kom help
wat soek jy hier vanaand
ek soek ’n rede om te gaan
sy vra
weas jy al verlief
ek se
elke saterdagaand
ooh hel
dis droog in hierdie dorp
lank gedink
ek het niks gevind
heen-en-weer
soos ’n warrelwind

ek was so
lief vir haar
die strom is klaar
maar dit
vat ’n ruk vir hierdie
hierdie hart om te bedaar

Leave a Reply

error: Content is protected !!