Lank, lank, lánk gelede was daar ’n pittige jong man genaamd Hansie, en sy beeldskone sussie genaamd Grietjie. Die twee het beter oor die weg gekom as grondboontjiebotter en konfyt.

Ongelukkig was kos in hul huis min, skuld baie en geld nog minder, en daarom was’n plan beraam om die boetie en sussie in die woud te los. Hulle het egter nie rekening gehou met Hansie die avonturier nie. Hy het so ietsie bietsie dietsie plannetjie gehad om hulle uit die verknorsing te kry, wel ten minste die eerste keer. Kort voor lank het Hansie en Grietjie voor ’n liplek-lekker lekkergoedhuis gestaan – nom-nom-nom!  Maar o wee, die huis was net mooi en lekker van buite; binne was dit ’n ander storie … Dit het aan ’n nare vrou behoort.

Flink dink en spanwerk was aan die orde van die dag vir dié boetie en sussie om uit die kloue van die aaklige vrou te ontsnap!

23 Maart 2024 | 15:00 | R140 Kaartjies is hier

30 Maart 2024 | 11:00 | R140 Kaartjies is hier

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!