Hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40:

Na Gerduan Kemp se Sesde Sintuig, sewe weke gelede die eerste keer No 1 geslaan het vir twee weke, is die snit terug op No 1 vir ‘n derde week. Dit is die eerste keer wat dieselfde liedjie vir drie weke op No 1 is op die Reputasie Kraakvars Top 40.

Hoor My Woorde van Henrico Coetzer keer terug na die trefferlys op No 2 na die snit se musiekvideo amptelik vrygestel is op 4 Desember.

Verloor Jouself Op My van Dotcosa (feat. Bjarne) is terug op na No 3, die hoogste posisie in ses weke. Waar Ek Moet Wees van Cezanne Yzelle is weer terug in die Top 10 op No 4, na goeie promosie werk tydens die observasie periode.

Nog ‘n Kans van Alida maak haar debuut op No 5. Johan Anker sak af die week met Soldaat vanaf No 1 na No 6. Bly Jy Hier van Ariose is terug in die Top 10 op No 7, dit na die liedjie sewe weke gelede sy debuut op No 9 gemaak het en dus ‘n nuwe piek bereik. Kop Bo Water van Tot Stilstand maak hul debuut op No 8.

Die enigste ander liedjie wat sy debuut maak buiten die wat al genoem is, is Dirty Old Joe van Clive Fisher wat op No 23.

Noemenswaardige skuiwe die week:

  • Seisoene van Chante Retief klim 15 posisies op vanaf No 37 na No 22.
  • Anderkant Die Hemel van Kwaggabees klim vanaf No 33 na No 20.

Open in Spotify

Sien die volledige trefferlys hier onder:

Leave a Reply

error: Content is protected !!