Fotos: Jaco S.Venter

Hartseer Freaks is die derde musiekvideo vanaf Francois van Coke se vierde solo album getiteld Kanniedood wat in September 2022 uitgereik is. Hierdie lied is ‘n groot gunsteling onder Francois se aanhangers. Sy Fokofpolisiekar vriende Hunter Kennedy en Johnny de Ridder het die Hartseer Freaks saam met hom geskryf.

 “Hierdie song is vir mense wat voel hulle pas nie regtig in nie.” Francois van Coke

Francois en Hunter skryf nou al vir 22 jaar saam liedjies.

“Ek en Hunter skryf al songs saam vandat ons laaities is en daar gebeur altyd iets spesiaals wanneer ons saam werk aan ‘n song. Dit klink dit soos iets anders… nie ek of hy nie,” vertel Francois.

Kyk die musiekvideo hier:

Die musiekvideo is gemaak deur mede Fokofpolisiekar groepslid, Jaco S. Venter en Heinrich Laubscher.

Hunter Kennedy vertel: “Ek dink die video is k*k funny en roerend. Dis lekker vir my om saam met Frannie en Johnny en Snake en Heinrich terug te keer na ons punk roots. DIY vibes. Ons het ‘n geheimsinnige weldoener gehad, so ons kon bietjie budget in stoot. Ek like die energie en die boodskap. Party with a conscience!”

“Kanniedood is die aanvaarding van sterklikheid, want die dood is onvermydelik. Dit is ook ‘n herinnering om die lewe te vier omdat ons tyd hier min is.”

Luister na Kanniedood hier: https://ffm.to/kanniedood

Francois van Coke

SKAKELS:

Webwerf: francoisvancoke.co.za / Twitter: @FrancoisVanCoke / Facebook: francois.vancoke / Instagram: francoisvancoke

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!