Elrine Lottino, die dame met die goue stem, keer terug na haar Afrikaanse wortels en stel haar eerste enkelsnit vry!
By Die Huis is ‘n splinternuwe enkelsnit, wat wag om in die harte van die Afrikaanse kontemporêre musiek liefhebber in te kruip.
Hierdie snit is geskryf deur Elrine Lottino en vervaardig deur Johan Rautenbach. “Elrine is een van die mees talentvolle sangeres-liedjieskrywers wat ek ken. Dit was vir my ‘n groot voorreg om deel te wees van hierdie liedjie as vervaardiger.
Ek dink dis een van die mooiste Afrikaanse liedere wat ek in ‘n lang tyd gehoor het En is opgewonde vir Elrine dat sy die kommersiële mark betree op so ‘n hoë standard.” – Johan Rautenbach, Musiek Vervaardiger.
Kyk die musiekvideo hier:
Tydens die coronavirus pandemie, her-ontdek Elrine haar passie vir sing en liedjies skryf in haar moedertaal. “Ek het teruggekeer na die plek waar alles vir my begin het as musikant, en my kreatiwiteit en passie vir sing en liedjies skryf her-ontdek. Dit voel of ek nou vir die eerste keer in ‘n lang tyd weer op ‘n goeie plek is om musiek te maak”.
By Die Huis is beskikbaar op alle digitale platforms, en die video ook nou op YouTube.