Eloff is terug met nog ‘n kampus dansvloer treffer, Geheueverlies. Die nuutste enkelsnit volg in die spore van sy eerste enkelsnit, Johnnie Blou, weke spandeer het op die no.1 posisie.

Eloff het ’n verstommende vaardigheid vir narratief. Sy liefde vir toneelspel dra verseker by tot sy liriese bekwaamheid. ‘Geheueverlies’ plaas jou klap en knal in die middel van die ekstra-kurrikulêre kant van studentelewe. Daai lang nagte, langer oggende daarna, en die partytjie georiënteerde deursettingsvermoë wat sprankelende jeug jou toedien.

Geheueverlies klop. Dit lees soos ’n montage en klink soos die bure gaan kla. Soos die huis-partytjie as jou ouers weg is wat handuit ruk. Eloff vat die vakkel by die groottes voor hom en hardloop daarmee. Met sy Neo-Sokkie baadjie en dans skoene aan is hy hier om die nuwe klankbaan vir jou jeugdigheid te bied.

Geheueverlies is beskikbaar op alle digitale platforms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!