In September vanjaar het die Jacaranda FM Drive-span ’n onverwagse uitnodiging gekry, tydens ’n onderhoud met Marlin Magadani (bemarkingsbestuurder van World Leisure Holidays), om ’n week by Sugar Beach Resort in Mauritius te spandeer en lewendig van daar af uit te saai vanaf 21 – 28 Januarie 2023.

Om dinge nog meer opwindend te maak, is daar pas aangekondig dat die gewilde en dinamiese kletsrymer van Port Elizabeth, Early B, nou ook by die Drive-span gaan aansluit in Mauritius vanaf 24 Januarie.

Januarie is vir my persoonlik ’n baie opwindende maand en ek wil gil van opwinding oor hierdie wegbreek! Dit is die beste manier om die nuwe jaar te begin. Baie dankie aan World Leisure Holidays, Mauritius Tourism en Jacaranda FM 94.2,” sê hy.

World Leisure Holidays, in samewerking met Mauritius Tourism, het ’n baie spesiale pakket saamgestel vir luisteraars wat ook graag wil deel wees van die Drive-span se opwindende avontuur.

Die pakket is nou beskikbaar teen R27 500 per persoon wat deel. Dit is ’n reuse-besparing van R12 000 per bespreking en sluit vlugte, verblyf, ontbyt, aandete, vervoerkostes en lughawebelasting in. Hierdie aanbod is eksklusief vir Jacaranda FM-luisteraars en kan slegs deur middel van hierdie skakel bespreek word:  wlh.co.za/jacaranda-fm/

Die Mauritius-hotelgroep, Sun Resorts, spog ook met ’n splinternuwe voorkoms en handelsnaam, Sunlife. Dit is nie net ’n splinternuwe handelsnaam nie, maar ook ’n nuwe filosofie en kultuur met betrekking tot alle aspekte van die gaste-ervaring, en bou voort op meer as 45-jaar van trotse geskiedenis en erfenis. Hierdie nuwe hoofstuk sluit ook die bekendstelling in van die Come Alive Collection – ’n reeks unieke oord-ervarings vir gaste om te geniet, insluitend a Energy Gym, Sega Zoomba en Putting on the Ritz, om maar net ’n paar te noem.

Come Alive Collection is deel van die transformasie en stel ’n nuwe reeks spesiale ervaringe aan alle Sunlife-oorde bekend, met ’n duidelike boodskap oor die kernwaardes van Sunlife.

Die vyfster Sugar Beach bied ’n opwindende kombinasie van die verlede en die hede, met glansryke elemente van gister en moderne luukshede van vandag vir ’n onvergeetlike vakansie-ervaring. Om aan te pas by die nuwe voorkoms, is dié oord se kamers en leefareas ook onlangs opgeknap om ’n tikkie weskus-glans weer te gee.

Daar is beslis nie ’n beter manier om die jaar te begin as met ’n bekostigbare vakansie op ’n eksotiese eiland en skemerkelkies saam met Rob Forbes, Rozanne McKenzie, Early B en die res van die The Drive with Rob & Roz-span nie.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Klik hier wlh.co.za/jacaranda-fm/ vir dié eksklusiewe aanbod.

Vir meer oor die Come Alive Collection, besoek: https://www.yoursunlife.com/experiences/

Vir meer inligting oor Sunlife, besoek: www.wlh.co.za

Leave a Reply

error: Content is protected !!