Hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40.
Hey Sonneblom van Droomsindroom is vir die 12de week op No 1, die liedjie het die afgelope week meer 56 000 kyk op YouTube gekry. Hey Sonneblom is amptelik die langste No 1 treffer in die geskiedenis van die Kraakvars Top 40, die trefferlys is nou al in sy 98ste bestaan week.
Bjarne Songs se nuwe enkelsnit maak sy debuut op No 2 met Sexy Selfies, die liedjie is sy eerste liedjie wat deur Select Musiek vrygestel is. Bjarne X Snacci se Lyfstraf is op No 3.
Marissa se nuutste treffer Bietjie Dronk maak haar debuut op No 4. My Blom van John Rock Prophet is op No 5. Jemma Catherine van Almal Het Iemand is op No 6, dit is die liedjie se 3de week in die Top 10.
Dankie van Herman Kleinhans is op No 7. Tasha se Vergaan is op No 8, dit is die liedjie 6de week op die trefferlys en 5de week in die Top 10.
Marissa het nog ‘n treffer in die Top 10 op No 9 is Kaalvoetliefde. Die Top 10 word voltooi deur Brannewynlippe van Wikus Botma.
Al die nuwe enkelsnitte op die trefferlys:
- Monsters van Gerald Steyn & Talija op No 19
- I Fear Fokkol van BWNCE op No 25
- Naweek Vibes van Che op No 33
- Perspektief van Vrede op No 35
Sien die volledige trefferlys hier:
Kraakvars Top 40 - 22 Julie 2022
No | Liedjie | Kunstenaar | Weke op Trefferlys | Hoogste Posisie | Verlede Week |
1 | Hey Sonneblom | Droomsindroom | 12 | 1 | 1 |
2 | Sexy Selfie | Bjarne Songs | 1 | 2 | N |
3 | Lyfstraf | Bjarne X Snacci | 5 | 2 | 2 |
4 | Bietjie Dronk | Marissa | 1 | 4 | N |
5 | My Blom | John Rock Prophet | 20 | 1 | 3 |
6 | Almal Het Iemand | Jemma Catherine | 3 | 2 | 4 |
7 | Dankie | Herman Kleinhans | 65 | 1 | 6 |
8 | Vergaan | Tasha | 6 | 6 | 7 |
9 | Kaalvoetliefde | Marissa | 25 | 1 | 21 |
10 | Brannewynlippe | Wikus Botma | 40 | 1 | 8 |
11 | Iemand help my | Bjarne (feat Snacci) | 52 | 2 | 9 |
12 | Stoute Boude | Kevboii (feat Charlie Bees) | 45 | 1 | 10 |
13 | Niks Verander Die Liefde Nie | Gian Groen | 2 | 5 | 5 |
14 | Hobo-Hallelujah | Rudi Claase | 4 | 10 | 11 |
15 | Elmboog Na Bo | Jan Rhaap | 75 | 1 | 13 |
16 | Inni Boland | Middelvinger, YoungstaCPT & Jack Parow | 3 | 10 | 15 |
17 | Sterre | KuierKoors | 25 | 2 | 18 |
18 | Blou | Wikus Botma | 5 | 4 | 16 |
19 | Monsters | Gerald Steyn & Talija | 1 | 19 | N |
20 | Suikerbos | Stefan Jansen | 47 | 1 | 20 |
21 | Leef | Daniel Wesley | 3 | 9 | 14 |
22 | Vliegtuig | Herman Kleinhans | 80 | 3 | 17 |
23 | My Bok | Wouter van der Venter | 9 | 2 | 12 |
24 | Hey Jy! | Bloumoord | 6 | 2 | 19 |
25 | I Fear Fokkol | BWNCE | 1 | 25 | N |
26 | Kom Loop | Jan Rhaap | 73 | 5 | 24 |
27 | Droomverlore | CheraLee | 5 | 2 | 33 |
28 | Afstand | TiNo | 6 | 5 | 22 |
29 | Ten Minste Vir My | Zaan Sonnekus | 20 | 2 | 23 |
30 | Somerkersfees | Hennie Dreyer & Evert van Niekerk | 1 | 30 | N |
31 | Cuddle Up | Kyle September | 4 | 5 | 25 |
32 | My Liewe Hemel | 1925 Band | 7 | 11 | 26 |
33 | Naweek Vibes | Che | 1 | 33 | N |
34 | Sal Jy Saam My Kom Drink? | Karel Bester | 48 | 5 | 29 |
35 | Perspektief | Vrede | 1 | 35 | N |
36 | Tydelik | Harry Broersma | 10 | 11 | 35 |
37 | Veilig Tuis | Ruan Jordaan | 9 | 8 | 27 |
38 | Ons Teen Die Wêreld | Sharoney | 48 | 2 | 32 |
39 | Bloedbroers | Gift Matjila | 4 | 3 | 28 |
40 | Steek Ons Liefde Aan Die Brand | Jack & June | 61 | 3 | 30 |
Die Kraakvars Top 40 meng ‘n verskeidenheid van faktore om die grootste liedjies elke week saam te stel van opkomende en onafhanklike kunstenaars. Die data is gebaseer op data wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings. Die trefferlys volg ‘n skedule van Vrydag tot Donderdag.