Dirk van der Westhuizen is terug met sy sewende album, Bietjie Lekkerder.

Van der Westhuizen is bekend vir sy kenmerkende klanke en so bietjie boeremusiek regdeur tot “Slap House beats”, heerlike sokkie musiek en iets wat die hartsnare tokkel. Bietjie Lekkerder bevat al hierdie klanke wat hierdie album iets maak vir almal.

“Met elke album voel dit of ek dan eers myself gevind het vir die eerste keer, en soos ek terugkyk besef ek dit is elke keer net ‘n groei proses”, vertel Dirk.

Aanhangers het vyf enkelsnitte gekry voor die album vrygestel was of 4 Maart 2022:

  • Perfek Onvolmaak (remix)
  • Telefoon (remix)
  • Roekeloos
  • Vir Altyd
  • Zoepa
  • Tot Ons Val

Zoepa is ‘n woord wat ek wil hê vrede en samekoms moet teenwoordig. Iets wat mense van alle tale kan leer en saam sê.“ vertel Dirk oor Zoepa.

Oor Tot Ons Val vertel Dirk: “Ek het van die begin van my loopbaan af vir myself ‘n weg oopgebreek met dans musiek. Dit is waar my ware passie lê – nie net as sanger nie, maar ook as entertainer.“ – tot ons val

“Met die nuwe album het ek soveel fun gehad en net besluit om nie alles te ernstig op te neem nie. Ek het net geskryf, oor alles. Nie te hard gedink nie en regtig my tyd gevat met elke song.”

Bietjie Lekkerder is beskikbaar op alle digitale platforms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!