Die Kraakvars Top 40 wat weekliks deur Reputasie saam en vrygestel word, is hierdie week twee jaar oud!
Die trefferlys het sy amptelike verskyning op 4 September 2020 gemaak met Bloumoord wat die heel eerste kunstenaar was om die No 1 posisie te beklee met hul treffer, Dis Okay.
Die Kraakvars Top 40 was die eerste trefferlys wat onafhanklik saamgesteld is wat op luisteraars data gebaseer word. Die data is gebaseer op strome wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings van alle nuwe vrystellings.

Die sukses wat die Kraakvars Top 40 bereik het oor die afgelope twee jaar, het net nie die stigter van Reputasie, Johan-Calitz verbaas nie, maar dit het sy wildste verwagtinge oorskry.
“Met enige iets wat mens begin in die lewe vat mens ‘n kans, en met die trefferlys, was dit ook ‘n kans wat ek met Reputasie gevat het. Dit verbaas my elke week die terugvoering wat van die kunstenaars en die publiek afkom en dit maak my regtig dankbaar teen oor almal wat Reputasie en die Kraakvars Top 40 ondersteun.”
Reputasie het in die Mei 2020 begin om trefferlyste saam te stel. Die eerste trefferlys was die Top 40 Afrikaans Treffers wat op Apple Music & iTunes data gebaseer was, met tyd was daar besluit om die trefferlys ‘n nuwe naam te gee en op beter dinamiese data te baseer. Daar is bevind dat die YouTube data wat in die trefferlys se berekening gebruik word, deur 30% van alle musiek verbruikers in Suid-Afrika gebruik. Die oorspronklike formule word tot vandag nog gebruik om die grootste kraakvars treffers se range te bereken elke week.
“Daar was ‘n paar kere wat die fomule bietjie aangepas was om te probeer om die grootste treffers hul volle potensiaal te gee, maar die oorspronklike formule het die nog altyd geseëvier.” vertel Johan oor die hoe die trefferlys se range bepaal word.
In die laaste twee jaar het 382 liedjies op die Kraakvars Top 40 verskyn, waarvan 211 in die Top 10 verskyn het. En 38 van hulle het al die pad na No 1 gegaan. Die posisies waar die minste liedjies ‘n hoogte punt bereik het was No 20 en No 38 met net twee liedjies wat op die twee rang posisies verskyn het. Die kunstenaars wat die meeste weke gesamentlik met al hul liedjies op die trefferlys verskyn het is Herman Kleinhans met 166 weke, Jan Rhaap met 158 weke, Zaan Sonnekus met 103 weke en Bottomless Coffee Band met 94 weke.
Om die afgelope twee jaar se sukses te vier, voel Reputasie dis nodig om al die rekords wat verskeie kunstenaars te beklemtoon en dis kunstenaars die erkenning te gee.
Al die No 1 treffers
In die 104 weke van die Kraakvars Top 40 was daar ‘n totaal van 38 No 1 treffers. Bloumoord was die eerste band wat die No 1 posisie beklee het met Dis Okay. Ruan Jordaan was die eerste manlike kunstenaar wat No 1 bereik het met sy enkelsnit Vegter. Carma was die eerste vroulike kunstenaar was saam met Waldo Greeff die No 1 posisie beklee het met Skadus van Grys. Cezanne Yzelle was die eerste solo vroulike kunstenaar wat haar debuut op No 1 gemaak het met Waar Ek Moet Wees.
Liedjie | Kunstenaar | No 1 |
Soveel Meer | Abel Knobel | 1 |
Sex in Afrikaans | Angie oeh | 1 |
Dis Okay | Bloumoord | 1 |
Waar Ek Moet Wees | Cezanne Yzelle | 1 |
Die Laaste Trein | Daniel Eeuwrick | 1 |
Verloor Jouself Op My | Dotcosa (feat. Bjarne) | 1 |
Hey Sonneblom | Droomsindroom | 1 |
Ons Sal Weer Opstaan (Bloed in my are) | Frank and I | 1 |
Sesde Sintuig | Gerduan Kemp | 1 |
Lonely Troebadoer | Gian Groen | 1 |
Dankie | Herman Kleinhans | 1 |
Haar Hart | Jacques Leonard | 1 |
Elmboog Na Bo | Jan Rhaap | 1 |
Soldaat | Johan Anker | 1 |
My Blom | John Rock Prophet | 1 |
Arm | Julanie J | 1 |
Stoute Boude | Kevboii (feat Charlie Bees) | 1 |
Wentelbaan | Legkaart | 1 |
Kaalvoetliefde | Marissa | 1 |
Sing Jou Lied | Michelle Mountjoy | 1 |
Vandag | Morne | 1 |
Skitterend | Philip | 1 |
Kwaaitjie | Prop | 1 |
Laat Dit Reën | Rayne | 1 |
Hoe Hoog | Renaldo | 1 |
Iemand Anders | Rita Li | 1 |
Vegter | Ruan Jordaan | 1 |
Laat Die Liefde Leef | Sky Ocean (feat. Reynardt Hugo) | 1 |
As Ek Jou Onthou | Stefan Jansen | 1 |
Suikerbos | Stefan Jansen | 1 |
Kateriena Malherbe | TiNO | 1 |
Perspektief | Vrede | 1 |
Skadu's Van Grys | Waldo Greeff & Carma | 1 |
Brannewynlippe | Wikus Botma | 1 |
Ek Sal Jou Weer Kies | Wilha | 1 |
Gee 'n Bietjie | Willem Van Der Ryst | 1 |
Jy Oortref My | Xander Joubert | 1 |
Ek Kan Net Bid | Zaan Sonnekus | 1 |
Meeste weke op No 1
Die liedjie wat die meeste weke op No 1 gespandeer het was Hey Sonneblom van Droomsindroom met ‘n totaal van 12 weke. Julanie J is die vroulike kunstenaar wat die langste op No 1 was met Arm wat ‘n totaal van 4 weke op No 1 gespandeer het.
Liedjie | Kunstenaar | Weke |
Hey Sonneblom | Droomsindroom | 12 |
Brannewynlippe | Wikus Botma | 11 |
My Blom | John Rock Prophet | 8 |
Jy Oortref My | Xander Joubert | 7 |
Sesde Sintuig | Gerduan Kemp | 7 |
Stoute Boude | Kevboii (feat Charlie Bees) | 6 |
Arm | Julanie J | 4 |
Kwaaitjie | Prop | 4 |
Iemand Anders | Rita Li | 3 |
Ek Sal Jou Weer Kies | Wilha | 3 |
Suikerbos | Stefan Jansen | 3 |
Soldaat | Johan Anker | 3 |
Laat Dit Reën | Rayne | 3 |
Dankie | Herman Kleinhans | 2 |
Ek Kan Net Bid | Zaan Sonnekus | 2 |
Dis Okay | Bloumoord | 2 |
As Ek Jou Onthou | Stefan Jansen | 2 |
Skadu's Van Grys | Waldo Greeff & Carma | 2 |
Kaalvoetliefde | Marissa | 1 |
Sing Jou Lied | Michelle Mountjoy | 1 |
Vandag | Morne | 1 |
Skitterend | Philip | 1 |
Kwaaitjie | Prop | 1 |
Laat Dit Reën | Rayne | 1 |
Hoe Hoog | Renaldo | 1 |
Iemand Anders | Rita Li | 1 |
Vegter | Ruan Jordaan | 1 |
Laat Die Liefde Leef | Sky Ocean (feat. Reynardt Hugo) | 1 |
As Ek Jou Onthou | Stefan Jansen | 1 |
Suikerbos | Stefan Jansen | 1 |
Kateriena Malherbe | TiNO | 1 |
Perspektief | Vrede | 1 |
Skadu's Van Grys | Waldo Greeff & Carma | 1 |
Brannewynlippe | Wikus Botma | 1 |
Ek Sal Jou Weer Kies | Wilha | 1 |
Gee 'n Bietjie | Willem Van Der Ryst | 1 |
Jy Oortref My | Xander Joubert | 1 |
Ek Kan Net Bid | Zaan Sonnekus | 1 |
Meeste weke op die trefferlys
Die Vatvas Dansorkes se Laat Aand Boogie is die liedjie wat die langste nog op die trefferlys is met ‘n totaal van 85 weke. Herman Kleinhans en Jan Rhaap het ‘n besonderse prestasie waar altwee hierdie kunstenaars 2 liedjies het wat meer as 71 weke op die trefferlys al verskyn het. Tertius Human wat die liedjies vir Herman Kleinhans en Jan Rhaap vervaardig het, het onlangs gesê “No 1 op ‘n speellys is wonderlik, maar longivity is alles. Ons bou nie ‘n renbaan nie, ons bou ‘n loopbaan”
Liedjie | Kunstenaar | Weke |
Laat Aand Boogie | Vatvas Dansorkes | 85 |
Vliegtuig | Herman Kleinhans | 83 |
Elmboog Na Bo | Jan Rhaap | 81 |
Kom Loop | Jan Rhaap | 77 |
Verloor Jouself Op My | Dotcosa (feat. Bjarne) | 76 |
Arm | Julanie J | 72 |
Dankie | Herman Kleinhans | 71 |
Jy Oortref My | Xander Joubert | 71 |
Awe My Ma Se Kind | Pret Kadet (feat Foksie Konyn) | 66 |
Steek Ons Liefde Aan Die Brand | Jack & June | 61 |
Iemand Anders | Rita Li | 59 |
Iemand help my | Bjarne (feat Snacci) | 58 |
Ek Kan Net Bid | Zaan Sonnekus | 58 |
Sewe Somers | Bottomless Coffee Band | 53 |
Ek Sal Jou Weer Kies | Wilha | 53 |
Nog N Kans | X_C_Xreece | 52 |
Suikerbos | Stefan Jansen | 52 |
Stoute Boude | Kevboii (feat Charlie Bees) | 50 |
Sal Jy Saam My Kom Drink? | Karel Bester | 49 |
Ons Teen Die Wêreld | Sharoney | 49 |
Meeste weke in die Top 10
Liedjies wat die meeste weke in die Top 10 verskyn het die afgelope 2 jaar, is Herman Kleinhans wat die twee boonste range beklee met Dankie wat ‘n ongelooflik totaal van 60 weke in die Top 10 gespandeer het en Vliegtuig wat ‘n totaal van 39 weke in die Top 10 was. Iemand Help My van Bjarne (feat. Snacci) wat 38 weke in die Top 10 was is nogsteeds op die trefferlys in hul 58ste week.
Liedjie | Kunstenaar | Hoogste Posisie | Weke in Top 10 |
Dankie | Herman Kleinhans | 1 | 60 |
Vliegtuig | Herman Kleinhans | 3 | 39 |
Iemand help my | Bjarne (feat Snacci) | 2 | 38 |
Brannewynlippe | Wikus Botma | 1 | 36 |
Stoute Boude | Kevboii (feat Charlie Bees) | 1 | 33 |
Iemand Anders | Rita Li | 1 | 25 |
Suikerbos | Stefan Jansen | 1 | 25 |
Laat Aand Boogie | Vatvas Dansorkes | 3 | 25 |
Ons Teen Die Wêreld | Sharoney | 2 | 24 |
Jy Oortref My | Xander Joubert | 1 | 21 |
Meeste weke op die trefferlys sonder om ooit in die Top 10 te verskyn
Die meeste weke wat ‘n liedjie op die trefferlys gespandeer het sonder om in die Top 10 te verskyn is ‘n ander tipe rekord wat mens anderste laat kyk na liedjies wat uithouvermoë het.
Willem van der Ryst en Marco Basson deel die titel met elke wat 47 weke op die trefferlys gespandeer het met hul Knipmes Aand (hoogtepunt No 13) en Ghost Town (hoogtepunt No 12). Die vroulike kunstenaar wat die title behou is Imke met haar enkelsnit Dans Tot Die Son Opkom wat 23 weke op die speellys gespandeer het en op No 14 ‘n hoogtepunt bereik het.
Liedjie | Kunstenaar | Weke op Trefferlys | Hoogste Posisie |
Knipmes Aand | Willem van der Ryst | 47 | 13 |
Ghost Town | Marco Basson | 47 | 12 |
Toe Ons Jonk Was | Rowen | 39 | 11 |
My Vrou | Christiaan Baartman | 24 | 11 |
Dans Tot Die Son Opkom | Imke | 23 | 14 |
Wat Dit Vat | Laudo | 18 | 24 |
Seisoene | Chante | 18 | 17 |
Mechanic | Vincent Gordon | 18 | 13 |
She's So High | Hanco | 16 | 13 |
Tring Tring | Vanilla Dutchman | 15 | 12 |