Dewald Gouws - Nooit AlleenDewald Gouws - Nooit Alleen

Gospel sanger, Dewald Gouws se splinternuwe enkelsnit Nooit Alleen getuig van sy innerlike oortuiging dat die heilige gees in elkeen wat in die drie enige God glo woon.

Met sy albums Verhaal Van Glorie en Staan Op het Dewald homself gevestig as een van ons land se voorste sangers van kontemporêre Christelike musiek en met Nooit Alleen wil hy elke luisteraar herinner dat die Heilige Gees gestuur is om gebroke harte te lei, genees en te troos.

“Met die heengaan van soveel kosbare mense die afgelope twee jaar as gevolg van die wêreldwye pandemie, het duisende individue hierdie impak van alleen wees van nader beleef,” het Dewald gedeel.

Dewald bevestig hierdie boodskap deur ń direkte verwysing aan te haal uit die Woord van God.

“Joh 14:15: As julle My liefhet, bewaar my gebooie. Joh 14:16: En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid. Joh 14:17: Die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.”

Met hierdie lirieke wil Dewald luisteraars herinner dat die Here by ons is ongeag die omstandighede. Deur hierdie boodskap van die Evangelie met hierdie komersiële aanslag oor te dra vertrou Dewald dat die Heilige Gees harte gaan aanraak. Hierdie lied is deel van my skeppingsdoel, my roeping om siele na God te lei deur hierdie unieke musiekbediening,’’ het Dewald vertel.

Met die vrystelling van Nooit Alleen deel Dewald Gouws die volgende gebed, “Kosbare Vader, mag die Heilige Gees, elke mens wat na hierdie lied luister kragtig aanraak, in Jesus naam Amen”.

Nooit Alleen is beskikbaar op alle digitale platforms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!