Dani Villé se nuwe enkelsnit is Alles en nog meer wat jou ore wil hoor!

Op ‘n appelplaas tussen Villiersdorp en Grabouw het Dani as 8-jarige dogtertjie leer kitaar en klavier speel. Maar toe Dani Villé die eerste keer op die verhoog klim, het sy geweet daar is niks anders wat sy met haar lewe wil doen as sing nie.

Hierdie talentvolle donker kop het in 2022 haar diploma ontvang in Music Business by die Campus of Performing Arts (COPA).

Alles is Dani se nuutste Afrikaanse enkelsnit wat sy in 2022 geskryf en opgeneem het.

“Alles” gaan oor die mooi van die lewe. Dat oomblikke en spesiale tye so vining kan verby gaan, mens moet probeer om die mooi raak te sien en in daardie oomblik te leef. Of dit nou is saam met jouself, jou vriende, of jou geliefde, jy moet die genot wat jy in ‘n oomblik beleef, deel met die mense om jou.

“Dit is so belangrik om in die hede te leef. Lewe vir vandag, vir nou!” sê Dani.

Alles se musiek video is in November 2022 geskiet. Die lekker van die lewe word weerspieël in die musiekvideo.

Kyk die musiekvideo vir Alles hier:

“Hierdie snit is net die begin van ‘n nuwe rigting in my musiek”. Voeg Dani opgewonde by.

“My aanhangers kan uitsien na nog vele meer waar ek eksperimenteer met nuwe klanke, kreatiwiteit en melodieë later vanjaar”.

Dani sien uit daarna om later hierdie jaar ook Europa te toer in hul somer seisoen en om daar te gaan musiek maak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!