Hierdie week op die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys – 4 September 2020
Elandré maak die week sy debuut met sy nuwe enkelsnit Dag & Nag op No 7, terwyl Sonop-Blom van Bernice West vir ‘n 17de week op No 1 blom. Elandré se nuwe enkelsnit Dag & Nag wat die eerste snit van sy 3de album is wat vroeg in 2021 die lig gaan sien. Riaan Benade se Gooi Nog ‘n Whiskey klim in die Top 20 in met die snit wat van No 34 na No 18 klim.
Verder in die Top 10 Boude van Loufi en Die Hart van Bernice West behou hul posisies op No 2 en No 3. Nonna van Appel skuif 2 posisies op na No 4, Vuur Op Die Water van Elandré skuif een posisie af na No 5 en Doef Doef (feat. Katinka, Loufi, What The Faf & Wortel Kombat) skuif ook een posisie af na No 6. Wit Skoene van Loufi (feat Jayms) behou sy posisie op No 8. Boerseun van Jan Bloukaas en Boerepompie van Ricus Nel en Snotkop.
Wat verwag ons volgende week op die Reputasie Top 40:
- Refentse behoort ‘n draai te maak in die Top 40 met sy nuwe enkelsnit Stormnag
- Gerhard Steyn kan met sy nuwe snit ook in die Top 40 sy debuut maak met Groter As Goliat.