Die sanger Christof van der Berg het Afrikaanse musiekliefhebbers se harte gesteel met die uitreiking van sy debuut-enkelsnit “Wil jy sien hoe lyk die Hemel” in November 2023. Hierdie geliefde en gesoute kunstenaar het al in meer as 40 lande opgetree, maar hy het onlangs eers musiek in Afrikaans begin skryf en opneem. Christof is tans op sy familieplaas “Witkraal”, waar hy werk aan `n vollengte album en dit is ook onder andere die nuusstories van die verfilming van sy eerste enkelsnit se video deur sy plaaswerkers, wat Christof en Witkraal aan `n groot nuwe Afrikaanse gehoor bekend gestel het.

Berg vertel meer oor die liedjie: “”Movie” is gebore uit persoonlike musikale reise deur die wêreld. Dit het vir my begin as jong pianis op n passasierskip. Van die Afrika-kus se vergete stede, na die antieke Viking wêreld van die Skandinawiese lande. Ek het die spontane wêreld van Wes-Europa goed leer ken en myself op talle vrolike eilande bevind. Later Oos-Europa en die ysige koue van Rusland. Die winde van die midde ooste het vir my paaie oopgewaai deur die woestyne van Egipte, Jordanië en die Emirate tot by die mistiek belaaide Indië, waar swerwers van regoor die wêreld stukkies van hulleself kom soek het. In Suid-Oos Asië was die warm tropiese nagte gevul met feesvieringe, lanterns en eksotiese kos. In Thailand het ons deur rys-velde gery met motorfietse, verby troppe wilde waterbuffels. In China, Japan en Korea het ons twee deur die strate gewandel en gewonder oor die lewe. Sy het dagboek gehou, ek het liedjies gesoek. Hoe meer plekke, hoe meer raak die vrae en hoe minder belangrik raak antwoorde na die vrae. As ek gevra word wat my beste herinnering is, dan bly dit sy. Daar is baie, ontelbaar baie, maar nie een kan opweeg met die manier hoe sy die sterre kon laat lag nie.”

Movie” se musiek-video was weereens geskiet op Witkraal, maar anders as in “Wil jy sien hoe lyk die hemel”, moes die plaas hierdie keer `n ander baadjie as sy eie aantrek. Die liedjie vertel van die lande waardeur Christof Berg as musikant getoer het, dus moes daar stelle gebou word wat onder andere `n Arabiese nag, `n tropiese nag in Thailand en `n Indiese tempel voorstel. Getrou het die plaaswerker-filmspan weereens ingespring met die bou van die stelle en die kamera werk is gedoen deur Roelof Botha. `n Italiaanse vriendin van Christof is van die Kaap af Vrystaat toe gevlieg om deel te neem aan die opname en die skoene te vul van die mistieke Italiaanse meisie waaroor die liejdie geskryf is en wat saam met Christof op vele van sy reise was.”

Sien die “Movie” video hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!