Chenél No 1 stel vandag haar nuutste enkelsnit Boer se Vrou bekend.
Die nuwe snit is geanker in die uitdagings, drome en vrese wat boervrouens ondervind om hul mans bystaan, maar ook om die luisteraar hiervan bewus te maak. Met die plaasaanvalle en moorde wat ‘n realiteit is vir baie Suid-Afrikaanse boere wil Chenél No 1 met hierdie liedjie ‘n ander perspektief gee – uit die hart van ‘n vrou.
Boer se Vrou is geïnspireer deur ‘n gedig wat Chenél geskryf het na sy ‘n ontstellend berig gelees het oor ‘n plaasaanval. “Ek wou die waagmoed en dapperheid van die vrouens beskryf wat saam met hulle mans op plase bly en hulle ondersteun al is daar gevaar op die horison.” Die einddoel van die liedjie is om bewustheid te kweek oor plaasaanvalle in Suid-Afrika.
Die drie keer genomineerde Afri-Indie Onafhanklike Musiek Toekennings wie se regte naam Chenél is, vertel dat die eerste ding wat mense haar altyd vra as sy haarself voorstel van Chenél No 1, “Soos Chanel No.5?” Dan antwoord sy gewoonlik, “Nee, ek is Chenél No.1.”
“Dit was vir my ‘n natuurlike besluit om op die parfuum te sinspeel, maar tog my eie identiteit te hê omdat my naam anders gespel word. Ek is nogal heilig daarop dat die die akuut-aksentteken in my naam verskyn.”
Die onafhanklike sangeres is hoofsaaklik ‘n liedjie skrywer wat haar gedagtes uitleef in musiek. Sy behartig ook alle aspekte van haar musiek loopbaan, promosie, sosiale media, ontwerp en selfs die musiekvideo’s. Chenél beskryf die proses as uitputtend maar dit gee groot bevredigheid om haar eie handewerk te aanskou.
Die genre van haar musiek kan nie vasgepen word op een tipe genre nie. Dit kan wissel tussen folk tot rock en dan is dit nog meestal akoestiese/elektriese kitaar gedrewe. Dit is vir Chenél belangrik dat haar aanhangers en luisteraars ‘n verskeidenheid musiek het om na te luister, sodat hulle die lirieke inhoud sowel as die klank kan geniet.
Haar musiek is deurdrenk met stories wat soms uit Chenél se verbeelding kom maar ook ander kere uit lewenservaring. “Ek laat dit aan die luisteraar oor om te besluit wat is waarheid of denkbeeldig.” Die afgelope jaar het sy meer gefokus op alternatiewe rock en ‘n donkerder kant van haar skryfwerk blootgestel, waar sy gewoonlik meer lighartig en speels was met country en rock liedjies.
Vir Chenél is dit belangrik om ‘n nalatenskap vir haar kinders en toekomstige kleinkinders te los deur haar musiek. “Een wat sê dis goed om jou drome na te jaag, hard te werk en jou beste te gee. Ek mag dalk nie ‘n wyd bekende kunstenaar wees nie, maar die groep aanhangers wat ek wel het, is meer as goud werd vir my.”
Vroeër die jaar by die Afri-Indie Onhanklike Musiek Toekenings het Chenél No 1 die Beste Nuweling Liedtjieskrywer gewen. Dit was vir haar ‘n groot bevestiging dat haar talent en vaardigheid as liriekeskrywer en komponis gegroei en verbeter het.
Chenél No 1 vertel dat sy nooit gedink het dat sy sou musiek vrygestel het nie. Dit het alles begin toe sy op Facebook vir ‘n liedjie skryf kompitisie ingeskryf het en alhoewel sy nie gewen het nie, was dit die hupstoot wat sy nodig gehad het om haar musiekloopbaan te begin. Slegs drie maande na die kompetisie het sy haar eerste enkelsnit vrygestel.
Chenél No 1 se loopbaan het in 2019 begin toe sy haar eerste enkelsnit vrygestel het Just Because of You, die liedjie was op gedra aan haar man. Haar tweede enkelsnit She’s A Flamigo word bekou as die liedjie wat Chenél vir die eerste keer op die “map”gesit het en baie mense het begin notisie neem van haar musiek. In totaal het die kunstenaar al 33 liedjies vrygestel en twee kort speel albums.
Haar eerste kort speel album, Hey Rose het sy in samewerking met die Amerikaanse kunstenaar Rose Alaimo in 2021 vrygestel en die album handel oor vriendskap en liefde.
Die enkelsnit wat vir haar uitstaan is Master of Disguise. Hierdie enkelsnit bespreek geestes gesondheid en die terugvoer van mense wat vir Chenél gekontak het. “Ek is veral trots daarop omdat dit die gesprek vir geestesgesonderheid aangewakker het en ek verskeie boodskappe gekry het van vreemde mense wat sê hoe diep hierdie liedjie hulle geraak het. Met hierdie liedjie se musiek video het ek en vriende regtig baie moeite ingesit, is tans die populêrste video wat ek het op my YouTube kanaal het.”
Die sukses wat die veelsuidige kunstenaar al behaal het oortref elke verwagtig, met die 33 liedjies het sy al meer as 1 miljoen strome op alle digitale platforms. Chenél skryf hierdie sukses toe aan haar toeweiding en trouheid om te bly liedjies skryf, gereeld musiek vry te stel en bo alles haar wonderlike aanhangers en luisteraars.
Alhoewel Chenél vertel dat haar man toondoof is, ondersteun hy haar al die pad en is hy ook die persoon wat altyd eerste na haar nuutste skepping luister. Dolly Parton is Chenél se grootste rolmodel. “Ek beny haar natuurlike verhoog teenwoordigheid. Sy het ‘n ongelooflike talent om stories in haar liedjies te vertel wat so baie mense hulself in kan identifiseer. Sy skryf nie net vir haarself liedjies nie, maar ook vir ander kunsternaars.”
“Ek dink hy het sy uniekheid en liefde vir musiek geleef. Hy sal in my oë altyd ‘n ikoon bly.” Vertel Chenél No 1 oor Elvis Presley wat ‘n invloed op haar musiek het. Maar in die selfde asem vertel sy van Imagine Dragons wat deur haar dogters aan haar blootgestel is. “Met ‘n huis vol dogters luister sy saam met hulle na Imagine Dragons. Hierdie Amerikaanse pop-rockgroep is dinamies in hulle musiek produksie, kreatief in hulle lirieke en gee moontlik een van die beste lewendige vertonings in die wêreld.”
Nou hoe verloop ‘n normale dag vir Chenél? “Doodnormal!”antwoord Chenél. Omdat sy al haar musiekprojekte self finansier, voltydste werk het en Ma is, kan die dag bedrywig word, maar aan die einde van die dag is daar altyd tyd vir musiek.
“Omdat ek my eie musiekprojekte finansier werk ek voltyds as operationele bestuurder. Voorskool sal ek my kinders help met die oggend roetine, hulle aflaai, gaan werk en weer optel net na vyf. Sodra al die familie verpligtinge nagekom is en die kinders gewoonlik gaan slaap sal ek aan my kitaar tokkel of liriek idees neerskryf en ook inhaal op die dag se sosiale media kennisgewings. Dit is vir my belangrik om gereeld meer oor die liedjieskryf proses te leer of idees te implimenteer”
Boer se Vrou is ‘n vars klank met n ligter musikale aanslag met n dieper betekenis om dat dit van toepassing is op hedendaagste kwessies in Suid-Afrika.
Boer Se Vrou is beskikaar op alle digitale platforms.
Laat dit hier af: https://found.ee/BoerseVrou-
Volg/Kontak vir Chenél No 1 hier op
- Sosiale media: https://linktr.ee/ChenelNo1
- Epos: info@chenelno1.com
- Musiek: https://found.ee/ChenelNo1Music