Die sanger Charl Vermeulen stel vandag sy debuut enkelsnit Ek Gee Oor vry. Die lied is ‘n Geestelike Afrikaanse lied wat uit die pen van Charl kom.

Ek Gee Oor is geskryf, opgeneem en geproduseer deur Charl en die verwerking is gedoen deur Elandré Botha wat ‘n plaaslike opkomende kunstenaar is.

“Soms bevind jy jouself in posisies waar jy nie meer moed, hoop of planne het nie. Dit is baie keer wanneer jy besef dat al wat jy nou kan doen is om oor te gee aan God. Die lied was vir my ‘n herinnering dat ek heel eerste moet oorgee aan God en so beoefen ek my geloof deur totaal oor te gee aan Hom.”

Charl vertel dat hy ‘n groot passie het vir musiek maar dat sy hart die passievolste is oor aanbidding musiek. “Alhoewel ek ‘n groot passie het vir musiek, bly my hart die mees passievolste oor aanbiddingsmusiek. Aanbiddingsmusiek is vir my ‘n liefdes offer wat ek bring na die voete van die Vader. Dit is vir my ietwat soveel meer is as net liedere en musiek. Aanbiddingsmusiek gaan nie net ook oor die musiek gedeelte nie. Die definisie van aanbidding vir my is om in ‘n verhouding met God te staan. Aanbidding moet ‘n leefstyl wees.”

Sy passie vir musiek al van sy jeug jare af kom, waar hy op alles getik en getimmer het. Op die ouderdom van 9 het hy beginne sing en deelgeneem aan Radiokansel se Tehila kompetisie en in sy Hoërskool loopbaan het hy verskeie instrumente bemeester.

Hy het vir die eerste keer op 18 aanbidding gelei en op 21 het hy besef dat dit is waar die Here sy gawe wil gebruik. “Vir groot dele van my lewe het ek teruggestaan van die mikrofoon af maar besef vandag dat die Here nog moes vorm het aan my karakter en bediening sodat ek my talent tot my beste vir Hom kan teruggee.”

“Alhoewel ek ‘n groot passie het vir musiek, bly my hart die mees passievolste oor Worship. Ek was in die lockdown periode ook deel van die Worship South Africa beweging en het ook daar begin journey saam met kunstenaars soos Stella en velle ander. Worship is vir my ‘n liefdesoffer wat ek bring na die voete van die Vader. Dit is vir my iets wat soveel meer is as net songs en musiek. Worship stop ook nie net by die musiek gedeelte nie, Worship is verhouding en is ‘n leefstyl.”

Charl het ‘n studio by sy huis wat hy beskryf as nederig, waar hy ander kunstenaars se musiek opnames en verwerking behartig. Hy sien ook uit om nog talle liedere uit te bring waarby Suid-Afrikaners aanklank by kan vind en vir daai oomblik voel dat dit makliker is om uit te reik na God.

Charl is tans woonagtig in Ermelo saam sy vrou Gwen en hul drie pragtige kinders. Bedags werk hy by ‘n plaaslike myn in die finansiële bestuurspan en hy is een van die aanbidding leiers by Ermelo Family Life Church. In sy vrye tyd geniet hy ‘n potjie golf en hy vertel dat sy hartsnare geroer word deur ‘n lekker koppie koffie.

Ek Gee Oor is vanaf vandag beskikbaar op alle digitale platforms.

Sosiale media: Facebook | Instagram

Leave a Reply

error: Content is protected !!