Photo credit: Die cover foto is geneem deur KH productions by Carnival kingdom The Grove.
Caitie Rock het onlangs haar eerste enkelsnit Carnival vrygestel.
Caitie is ‘n 12-jarige meisie van die Vaaldriehoek met ‘n groot passie vir sing, drama, fotografiese modelwerk, sport en natuurlik diere. Sy is ook een van die sangers in die 4 Eva Young Band.
Vroeёr vanjaar het sy aan haar ouers die woorde gewys en hul gevra of sy kan liedjie skryf klasse neem.
Caitie se ma het die woorde aan die liedjie skrywer/vervaardiger Gino Lee gestuur waar hy haar gehelp het om struktuur aan die liedjie te gee. Die liedjie is vervaardig deur River Road Records.
Hoekom is die liedjie se naam Carnival? Dit is een van Caitie se gunsteling plekke omdat sy ‘n “adrenalien junkie” is en sy gewoonlik op al die vinnige rides wil ry. Dis ‘n gelukkige plek vir oud en jonk waar jy omring word deur kleurvolle liggies, musiek, geluide van skaterlag, spookasem, en die lekker reuke van popcorn. Dis sommer net ‘n lekker energieke plek waar jy jouself kan geniet.
Die liedjie het eintlik ‘n baie dieper betekenis. “Al staan jy soms in lang rye vir ‘n kort ride” soos die liedjie lei, is dit als die moeite werd. Dis daai oomblik wat jy ontsnap van jou werklike lewe, eksamen stres en probleme. Die adrenalien laat jou net goed en positief voel en die gelag uit jou maag is net lekker.
Ons is almal net passasiers op die runaway train. Elkeen van ons het ‘n keuse waar ons in klim en sit. So is die lewe ook, elkeen van ons ervaar die reis anders, soms word ons rond geskud en soms is die reis net te vinnig verby. Ons is so besig met ons alledaagse dinge dat ons vergeet om bietjie te stop, rond te kyk en die “ride” te geniet.
Die trein hou vir ons elkeen op ‘n bepaalde dag stil, maak nie saak hoe oud jy is nie. So in kort wil ek net sê… Live Life and Enjoy the Ride!
Carnival is beskikbaar op alle digitale platforms.