Bottomless Coffee Band is terug met hul ‘n nuwe enkelsnit, Jonk en Verlore.

Die enkelsnit is ‘n voorsmakie van die tweede hoofstuk uit die Bottomless Coffee Band se nuutste album, Predikter.

In die Jonk en Verlore musiekvideo word die verhouding tussen dit wat was en die realiteit van die hede, die frenetiese vryheid van jeugdigheid en die gegronde wysheid van ervaring, deurlopend teenoor mekaar opgestel. Regisseur en kinematograaf Corrie Uys gaan interessant te werk met herhaling en maak kreatiewe gebruik van versorgings tegnieke om ‘n unieke spanning tussen die hede en verlede, en die behoefte om terug te tree in iets wat was, te skep. Die musiekvideo is in samewerking met The Stage Performing Arts Studio in Durbanville en die Choreograaf is Braeden Buys.

Volgens Esté is Jonk en Verlore ‘n terugskouing na hul studentedae: “Ons kon ure lank verdwaal in die strate van Stellenbosch waar ons studeer het. Ons sou baie keer vir mekaar ‘n boodskap stuur, besluit ons gaan op ‘n avontuur en doodeenvoudig alles los en die dag laat uitspeel soos wat dit moet. Ons wou daardie dae-van-ouds vasvang en onsself herinner dat ‘n mens altyd die avontuur van die lewe moet najaag – nes in die ou dae.

Esté en Lourens meen dat met die skep van Hoofstuk Twee, Jonk en Verlore die mees uitdagende snit was om aan lewe te skenk. Terwyl hulle graag ‘n nostalgiese sentiment wou vasvang, het hulle doelbewus die voor die hand liggende gebruik van akoestiese en outentieke instrumente wat gewoonlik met liedjies van dié aard geassosieer word, vermy. Die uitdaging was om die nostalgiese gees van die lirieke te behou, maar om die lied in ‘n moderne dans genre te skep. Hierdie fyn speling tussen die nostalgie van die lirieke en die moderne dans gevoel word ook in die musiekvideo op die voorgrond geplaas. Vervolgens voer hulle aan dat die musiekvideo “‘n brug bou tussen oud en nuut”.

Soos met Hoofstuk Een, kan aanhangers in hierdie hoofstuk ook ‘n diverse versameling enkelsnitte verwag. “Ons hou van die idee dat elke lied sy eie lewe en persoonlikheid moet kry. Ons altwee skryf, dit sorg vir verskillende style en natuurlike diversiteit in aanslag en styl en dit is ook vir ons belangrik om dit altyd te prioritiseer as ons musiek uitsit; al die kante van ons kreatiwiteit en al die moontlikhede van die musiek” voer Lourens aan. Daar is in Hoofstuk Twee ook vier uiteenlopende style en genres te merk, naamlik ‘n dans gevoel aan Jonk en Verlore, Klankdig is die ballade, Sonskyn en die reën is die goedvoel-kliphard-in-die-kar lied en Plek aan my tafel vier net
doodeenvoudig die geselligheid van die lewe waarvoor Esté en Lourens so lief is.

Die enkelsnitte van PREDIKER Hoofstuk Twee word elkeen tussen 30 Julie en Desember 2021 vrygestel. As jy Hoofstuk Een gemis het, luister die musiek hier.

Bottomless Coffee Band is ’n folk-pop-duo, wat al vir sewe somers getroud is, en met meer as 12 instrumente al gehore van dwars oor Suid-Afrika, Namibië, Europa en die Verenigde Koninkryk vermaak het met vars en opgewekte musiek en stories. Lourens en Esté het as twee ambisieuse studente in Stellenbosch ontmoet, en na ‘n draai in die korporatiewe wêreld het hulle die musiekbedryf aangepak om ander deur musiek te kan inspireer. Die Rabé’s het reeds twee albums (Room with a View (2014), Anthelia (2018)) bekendgestel, en het verskeie enkelsnitte op alle e-stroomplatforms beskikbaar.

PREDIKER is hulle derde vollengte album.

Kyk Jonk en Verlore hier:

Jonk en Verlore is beskikbaar op alle digitale platforms.

Sosiale Media: Facebook | Instagram

Leave a Reply

error: Content is protected !!